hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het Shlomo die gebou van יהוה begin bou in Yerushalayim op die berg Moriyah waar sy vader, Dawid, voorberei het op die dorsvloer van Aravnah, die Y’vusiet.

2. Hy het begin om die tempel te bou in die tweede maand van die vierde jaar van sy regering.

3. Hierdie is die mates wat Shlomo gemeet het vir die bou van die gebou van יהוה: die lengte van die gebou volgens die standaard mate, was sestig el, die hoogte dertig el en die breedte twintig el.

4. Die stoep wat hy vooraan gemaak het, so lank soos die breedte van die gebou, twintig el en die hoogte twintig el en hy het dit aan die binnekant met suiwer goud oorgetrek.

5. Die groot vertrek het hy met sipreshout, wat hy met fyn goud oorgetrek het, bedek en die beelde van palmbome en kettings daarop uitgegraveer.

6. Hy het die gebou met kosbare stene versier vir mooiheid en dit alles met fyn goud oorgetrek.

7. Hy het ook die gebou, vanaf die voorkant van die stoep, sy mure en die deurkosyne met fyn goud oorgetrek en beelde van palmbome en blomme daarop gegraveer.

8. Hy het die Mees Afgesonderde Plek se vertrek gemaak; die lengte daarvan was dieselfde as die breedte van die gebou, twintig el en sy breedte, twintig el. Hy het dit oorgetrek met fyn goud van ses honderd talente.

9. Hy het ook die bo-vertrekke met goud oorgetrek.

10. In die Mees Afgesonderde Plek het hy twee gérubs gemaak van soliede materiaal en dit met fyn goud oorgetrek.

11. Die vlerke van die gérubs was twintig el lank; een vlerk van een gerub was vyf el en het geraak aan die muur van die gebou en die ander vlerk, ook vyf el, het geraak aan die ander gerub se vlerk.

12. Die vlerk van die ander gerub van vyf el het geraak aan die muur van die vertrek en die ander vlerk van vyf el was vas teen die vlerk van die ander gerub.

13. Hierdie gérubs se vlerke het twintig el uitgesprei en hulle het op hul voete gestaan met hul gesigte na die binnekant toe.

14. Hy het die bedekkingsgordyn van blou, purper, donkerrooi en fyn linne gemaak met gérubs daarop aangebring. Hy het die ark daarbinne gesit.

15. Verder het hy twee groot pilare voor die gebou gemaak; agtien el lank met die pilaar kopstuk bo-op elkeen, vyf el hoog.

16. Hy het ook kettings gemaak van vyftig el lank en hulle op die bokant van die pilare gesit. Hy het ’n honderd granate gemaak en op die ketting gesit.

17. Hy het die twee pilare voor die tempel opgerig, die een aan die regterkant en die ander, links. Hy het die een aan die regterkant Yakhin genoem en die een aan die linkerkant Bo’az.