hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die ses en dertigste jaar van die regering van Asa het Ba’asha, koning van Yisra’el, opgetrek teen Y’hudah en Ramah opgebou om niemand na Asa, koning van Y’hudah, te laat uit- of ingaan nie.

2. Toe bring Asa silwer en goud uit die skatkamers van die huis van יהוה en van die huis van die koning en stuur dit na Ben-Hadad, koning van Aram, wat in Dammesek gebly het en sê:

3. “Daar is ’n verbond tussen my en u soos daar tussen my vader en u vader was; let op, ek het silwer en goud na u toe gestuur; gaan verbreek u verbond met Ba’asha, koning van Yisra’el sodat hy kan wegtrek van my af.

4. Ben-Hadad het geluister na koning Asa en die bevelvoerders van sy leërmagte gestuur teen die stede van Yisra’el en hulle het teen die stede van Yisra’el kamp opgeslaan en vir `Iyon, Dan, Beit-Ma’akhah en al die voorraadstede van Naftali gevat.

5. Die oomblik toe Ba’asha dit hoor, het hy opgehou om Ramah te bou en sy werk gestaak.

6. Toe het koning Asa die hele Y’hudah bymekaargekry en hulle het die klippe en balke waarmee Ba’asha Ramah gebou het, weggedra en hy het Geva van Binyamin en Mitzpah daarmee gebou.

7. In daardie tyd het Hanani, die profeet, na Asa, koning van Y’hudah, gekom en vir hom gesê: “Omdat u op die koning van Aram staat gemaak het en nie op יהוה, u God, staat gemaak het nie, sal die leër van Aram uit u hand ontsnapYes 31:1

8. en hulle sal sterk word, hulle sowel as die Kushiete en konings wat by hulle is en hulle sal groot magte word met baie strydwaens en perderuiters, maar wanneer u soek na יהוה, u God, sal Hy hulle in u hande oorgee,Deut 11:12

9. want die oë van יהוה hardloop heen en weer oor die hele aarde; daarom, wees onveranderlik sterk en laat jou verstand, wil en emosie volmaak wees tot Sy aanbidding en verstaan al Sy wonders, want יהוה, u God, sal vir u veg.”

10. Asa was kwaad vir die profeet en het hom in die gevangenis gesit omdat hy dinge gerapporteer het wat hy nie gesien het nie en die mense se binneste laat bewe het; daarom het Asa hom van die mense af weggehou in daardie tyd.

11. Let op, die dade van Asa, die vroeëre en die latere, is opgeskryf in die boekrolle van die konings van Y’hudah en Yisra’el.

12. In die nege en dertigste jaar van sy regering het Asa aan sy voete siek geword en in sy huis gelê.

13. Asa is neergelê by sy vaders en het gesterf in die een en veertigste jaar van sy regering.

14. Hulle het hom begrawe in sy eie graf in die stad van Dawid en hom op ’n draagbaar neergelê wat vol allerhande speserye was en hulle het vir hom ’n baie groot brandoffer gebring.