hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In daardie tyd het Aviyah, die seun van Yarov’am, siek geword.

2. Yarov’am het vir sy vrou gesê: “Staan op en vermom jouself sodat hulle nie kan weet dat jy Yarov’am se vrou is nie en gaan na Shiloh; let op, Agiyah die profeet is daar, wat van my gesê het dat ek koning oor hierdie volk sou wees.

3. Vat tien brode, koeke en ’n houer met heuning saam met jou en gaan na hom toe. Hy sal vir jou vertel wat met die jongman sal gebeur.”

4. Yarov’am se vrou het so gedoen, opgestaan en na Shiloh gegaan en by die huis van Agiyah gekom. Agiyah kon nie sien nie, want sy oë was dof vanweë sy ouderdom.

5. יהוה het vir Agiyah gesê: “Let op, die vrou van Yarov’am kom om jou te raadpleeg oor haar seun, want hy is siek; so en so moet jy vir haar sê, want dit sal wees dat as sy kom, sy sal voorgee om ’n ander vrou te wees.”

6. Toe Agiyah die geluid van haar voete hoor toe sy by die deur inkom, sê hy: “Kom in, vrou van Yarov’am! Waarom gee jy voor om ’n ander vrou te wees? Ek is na jou gestuur met ’n harde boodskap.

7. Gaan sê vir Yarov’am: ‘So sê יהוה, die God van Yisra’el: aangesien Ek jou van tussen die mense af opgelig en jou leier oor My volk Yisra’el gemaak

8. en die koninkryk van die huis van Dawid af weggeskeur en dit vir jou gegee het; [tog was jy nie soos My kneg Dawid, wat opdragte gehou en My met sy hele verstand, wil en emosie gevolg het, om net te doen wat reg is in My oë, nie;

9. jy het ook meer boosheid gedoen as almal wat voor jou was en vir jou ander gode en gegote beelde gaan maak om My te tart tot woede en My agter jou rug gegooi]

10. daarom, let op, Ek bring onheil oor die huis van Yarov’am en sal van Yarov’am af afsny al wat manlik is in Yisra’el, beide slaaf en vryman en Ek sal die huis van Yarov’am skoonvee soos ’n mens mis wegvee totdat daar niks van oor is nie.

11. Enige een wat aan Yarov’am behoort wat in die stad sterf, hom sal die honde eet en hom wat in die veld sterf, sal die voëls van die hemel eet, want יהוה het dit gesê.’

12. Staan op, gaan na jou huis toe. Wanneer jou voete die stad ingaan, sal die seun sterf.

13. Die hele Yisra’el sal oor hom rou en hom begrawe, want hy alleen van Yarov’am se familie sal na die graf toe kom omdat in die huis van Yarov’am in hom iets goeds gevind is teenoor יהוה, die God van Yisra’el.

14. Meer nog, יהוה sal vir Homself ’n koning oor Yisra’el opwek wat die huis van Yarov’am op dié dag sal uitwis en van nou af aan.Deut 16:21-22

15. יהוה sal Yisra’el slaan, soos ’n riet in die water heen en weer geskud word en Hy sal Yisra’el ontwortel uit hierdie goeie land uit wat Hy vir hulle vaders gegee het en hulle anderkant die Rivier (Eufraat) verstrooi omdat hulle hul Asherah beelde gemaak en יהוה tot woede getart het.

16. Hy sal Yisra’el opgee vanweë die sondes van Yarov’am wat hy gedoen het en waardeur hy Yisra’el laat sondig het.”

17. Toe het Yarov’am se vrou opgestaan en weggegaan en in Tirtzah gekom. Onderwyl sy oor die drumpel die huis binnegaan, het die jongman gesterf.

18. Die hele Yisra’el het hom begrawe en oor hom gerou volgens die woord van יהוה wat Hy deur Agiyah, Sy kneg, die profeet, gepraat het.

19. Die res van die dade van Yarov’am, hoe hy oorlog gevoer en hoe hy geheers het, let op, dit is geskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Yisra’el.’

20. Die tyd wat Yarov’am geregeer het, was twee en twintig jaar en hy is neergelê by sy vaders en sy seun Nadav het in sy plek geheers.

21. Regav’am, die seun van Shlomo, het geheers in Y’hudah; Regav’am was een en veertig jaar oud toe hy koning geword het en hy het vir sewentien jaar in Yerushalayim regeer, die stad wat יהוה gekies het uit al die stamme van Yisra’el om Sy Naam (Karakter en Outoriteit) daar te vestig en die naam van sy moeder was Na’amah, die `Ammoniet.

22. Y’hudah het boos gedoen in die oë van יהוה en Hom uitgetart tot jaloesie, meer as alles wat hulle vaders gedoen het, deur die sondes wat hulle gedoen het,

23. want hulle het ook vir hulle hoë plekke, pilare en Asherah beelde op elke hoë heuwel en onder elke groen boom gebou.

24. Daar was ook manlike kultusprostitute in die land. Hulle het gedoen volgens al die verfoeilikhede van die nasies wat יהוה voor die seuns van Yisra’el onteien het.Deut 28:25

25. Dit het in die vyfde jaar van koning Regav’am gebeur dat Shishak, die koning van Mitzrayim, teen Yerushalayim opgetrek het.

26. Hy het die skatte van die huis van יהוה weggevat en die skatte van die huis van die koning en hy het alles gevat, selfs al die goue skilde wat Shlomo gemaak het.

27. Koning Regav’am het koper skilde in hulle plek gemaak en hulle oorgegee aan die sorg van die bevelvoerders van die wag, wat die ingang van die koning se huis bewaak het.

28. Toe het dit gebeur dat so dikwels as die koning in die huis van יהוה ingaan die wagte dit sou dra en dit weer terugbring in die wagkamer in.

29. Die res van die dade van Regav’am en alles wat hy gedoen het, is dit nie geskryf in die ‘Boek van die Kronieke van die konings van Y’hudah’ nie?

30. Daar was voortdurend oorlog tussen Regav’am en Yarov’am.

31. Regav’am is neergelê by sy vaders en is begrawe by sy vaders in die stad van Dawid en die naam van sy moeder was Na’amah, die `Ammoniet en sy seun Aviyah het in sy plek koning geword.2 Kro 13:1-22