hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het gebeur toe Shlomo die huis van יהוה en die huis van die koning klaar gebou het en alles wat Shlomo begeer het om te doen

2. dat יהוה vir die tweede keer aan Shlomo verskyn het, soos Hy aan hom verskyn het in Giv’on.

3. יהוה het vir hom gesê: “Ek het jou gebed en jou smeking gehoor wat jy voor My gemaak het; Ek het hierdie huis wat jy gebou het, afgesonder deur My Karakter en Outoriteit (Naam) daar te plaas vir ewig en My oë en My verstand, wil en emosie sal ewigdurend daar wees.

4. Wat jou betref, as jy voor My loop soos jou vader Dawid geloop het, met integriteit van verstand, wil en emosie en in opregtheid, deur te doen alles wat Ek jou beveel het en My wette en instellings onderhou,

5. dan sal Ek die troon van jou koningskap oor Yisra’el vir ewig vasstel, net soos Ek aan jou vader Dawid beloof het deur te sê: ‘Daar sal vir jou nooit ’n man ontbreek op die troon van Yisra’el nie,’Yeg 20:38

6. maar as jy of jou seuns wegdraai daarvan om My te volg en nie My opdragte en My wette na kom wat Ek aan jou voorgehou het nie en gaan en ander gode dien en hulle aanbid,

7. dan sal Ek Yisra’el van die land afsny wat Ek vir hulle gegee het en die huis wat Ek vir My Naam (Karakter en Outoriteit) afgesonder het, sal Ek uit My sig uit wegwerp. So sal Yisra’el ’n spreekwoord en ’n bywoord word onder al die volke.

8. Hierdie huis sal ’n hoop rommel word; elkeen wat verbygaan sal verbaas wees, spot en vra: ‘Waarom het יהוה so gedoen aan hierdie land en aan hierdie huis?’

9. Hulle sal sê: ‘Omdat hulle יהוה, hul God, verlaat het, wat hulle vaders uit de land van Mitzrayim uitgebring het en ander gode aangeneem, aanbid en gedien het; daarom het יהוה al hierdie onheil oor hulle gebring.’”

10. Dit het gebeur aan die einde van die twintig jaar waarin Shlomo die twee huise, die huis van יהוה en die huis van die koning, gebou het

11. (Hiram, die koning van Tzor, het Shlomo voorsien van seder- en sipreshout en goud soveel as hy begeer het) dat koning Shlomo aan Hiram twintig stede in die land van die Galil gegee het.

12. Hiram het uit Tzor gekom om die stede te sien wat Shlomo vir hom gegee het en hulle het hom nie tevrede gestel nie.

13. Hy het gesê: “Wat is hierdie stede wat jy vir my gegee het, my broer?” Hulle is die land van Kavul genoem, tot vandag toe.

14. Hiram het een honderd en twintig talente goud aan die koning gestuur.

15. Hierdie is die verslag oor die dwangarbeid wat koning Shlomo opgekommandeer het om die huis van יהוה, sy huis, Millo, die muur van Yerushalayim, Hatzor, Megiddo en Gezer te bou.

16. Farao, koning van Mitzrayim, het opgegaan en Gezer oorgeneem en dit met vuur verbrand en die Kena’aniete wat in die stad gebly het, doodgemaak en dit as ’n trougeskenk aan sy dogter, die vrou van Shlomo, gegee.

17. So het Shlomo Gezer opgebou en die laer Beit-Horon,

18. Ba’alat en Tamar in die wildernis, in die land

19. en al die voorraadstede wat Shlomo gehad het, selfs die stede vir sy strydwaens en die stede vir die perderuiters en alles wat Shlomo tevrede gestel het om te bou in Yerushalayim, in L’vanon en in die hele land onder sy heerskappy.

20. Al die mense wat oorgebly het van die Emoriete, Hittiete, P’riziete, Hiviete en Y’vusiete, wat nie van die seuns van Yisra’el was nie,

21. hulle kinders wat ná hulle in die land oorgebly het, wat die seuns van Yisra’el nie volledig kon uitwis nie, van hulle het Shlomo opgekommandeer vir dwangarbeid, selfs tot vandag toe,

22. maar Shlomo het nie slawe gemaak van die seuns van Yisra’el nie, want hulle was krygsmanne, sy diensknegte, sy prinse, sy bevelvoerders, sy strydwabevelvoerders en sy perderuiters.

23. Hierdie was die hoofopsigters wat oor Shlomo se werk was: vyf honderd en vyftig wat oor die mense wat die werk gedoen het, geheers het.

24. Sodra die dogter van Farao opgekom het vanuit die stad van Dawid na haar huis wat hy vir haar gebou het, het hy Millo gebou.

25. Shlomo het drie maal in ’n jaar brandoffers en vredesoffers op die altaar wat hy vir יהוה gebou het, gebring en wierook daarmee saam gebrand op die altaar wat voor die Teenwoordigheid van יהוה was. So het hy die huis voltooi.

26. Koning Shlomo het ook ’n vloot skepe gebou in `Etzyon-Gever wat by Elot aan die kus van die Sufsee in die land Edom lê.

27. Hiram het sy diensknegte met die vloot gestuur, matrose wat die see ken, saam met die diensknegte van Shlomo.

28. Hulle het na Ofir gegaan en vier honderd en twintig talente goud van daar gevat en dit na koning Shlomo toe gebring.