hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Konings 21 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Dit het ná hierdie dinge gebeur dat Navot, ’n Yizre’eliet, in Yizre’el ’n wingerd gehad het, wat langs die paleis van Ag’av, koning van Shomron, was.

2. Ag’av het met Navot gepraat en gesê: “Gee vir my jou wingerd sodat ek dit as ’n groentetuin kan hê, want dit is naby, langs my huis en ek sal vir jou ’n beter wingerd gee in sy plek; as jy wil, sal ek vir jou die prys daarvan in geld gee.”

3. Navot het egter vir Ag’av gesê: “יהוה verbied dat ek die erfenis van my vaders vir u sou gee!”

4. Ag’av het stuurs en vererg in sy huis gekom oor die woord wat Navot, die Yizre’eliet, met hom gepraat het, want hy het gesê: “Ek sal nie vir u die erfenis van my vaders gee nie.” Hy het op sy bed gaan lê, sy gesig weggedraai en geen kos geëet nie.

5. Izevel, sy vrou, het egter by hom gekom en vir hom gesê: “Waarom is jou gees so stuurs dat jy geen kos eet nie?”

6. Hy antwoord haar: “Omdat ek met Navot, die Yizre’eliet, gepraat en vir hom gesê het: ‘Gee vir my jou wingerd vir geld, of anders, as jy wil, sal ek vir jou ’n wingerd in die plek daarvan gee,’ maar hy het gesê: ‘Ek sal nie my wingerd vir u gee nie.”

7. Izevel, sy vrou, sê vir hom: “Heers jy nie nou oor Yisra’el nie? Staan op, eet brood en laat jou hart vrolik wees; ek sal vir jou die wingerd van Navot, die Yizre’eliet, gee.”

8. Sy het briewe in die naam van Ag’av geskryf en hulle met sy seël verseël en die briewe aan die oudstes en die edeles, wat by Navot in sy stad gebly het, gestuur.

9. Sy het in die briewe geskryf en gesê: “Roep ’n vasdag uit en sit Navot aan die hoof van die mense

10. en sit twee manne, deugniete, voor hom en laat hulle teen hom getuig en sê: ‘Jy het God en die koning gevloek!’ Vat hom dan uit en stenig hom tot die dood.”

11. Die manne van sy stad, die oudstes en die edeles wat in sy stad gebly het, maak toe soos Izevel hulle laat weet het, net soos dit geskryf was in die briewe wat sy vir hulle gestuur het.

12. Hulle het ’n vasdag uitgeroep en Navot aan die hoof van die mense laat sit.

13. Toe kom die twee deugniete in en gaan sit teenoor hom en die deugniete het teen hom, teen Navot, voor die mense getuig en gesê: “Navot het God en die koning gevloek.” Toe lei hulle hom buitekant die stad en stenig hom, tot die dood, met klippe.

14. Toe stuur hulle woord na Izevel en sê: “Navot is gestenig en is dood.”

15. Toe Izevel hoor dat Navot gestenig en dood is, sê Izevel vir Ag’av: “Staan op, neem die wingerd van Navot, die Yizre’eliet, in besit wat hy geweier het om vir jou te gee vir geld, want Navot leef nie, maar is dood.”

16. Toe Ag’av hoor dat Navot dood is, het Ag’av opgestaan om af te gaan na die wingerd van Navot, die Yizre’eliet, om dit in besit te neem.

17. Toe het die woord van יהוה tot Eliyahu, die Tishbiet, gekom en gesê:

18. “Staan op, gaan af om Ag’av, koning van Yisra’el, te ontmoet wat in Shomron is; let op, hy is in die wingerd van Navot, waarheen hy afgegaan het om dit in besit te neem.

19. Jy moet met hom praat en sê: ‘So sê יהוה: Het jy moord gepleeg en ook in besit geneem?’ Jy moet met hom praat en sê: ‘So sê יהוה: Op die plek waar die honde die bloed van Navot gelek het, sal die honde ook jou eie bloed oplek.’”

20. Ag’av sê vir Eliyahu: “Het jy my gekry, my vyand?” Hy antwoord: “Ek het u gekry omdat u uself verkoop het om te doen wat verkeerd is in die oë van יהוה!

21. Let op, Ek gaan boosheid oor jou bring en jou heeltemal wegvee en Ek sal van Ag’av afsny al wat manlik is in Yisra’el, slaaf of vryman

22. en Ek sal jou huis maak soos die huis van Yarov’am, die seun van N’vat en soos die huis van Ba’sha, die seun van Agiyah; as gevolg van die uittarting waarmee jy My uitgetart het tot woede en Yisra’el laat sondig het.”

23. Van Izevel het יהוה ook gepraat en gesê: “Die honde sal Izevel eet in die distrik van Yisre’el.”

24. Die een wat aan Ag’av behoort, wat in die stad sterf, hom sal die honde eet en wie in die veld sterf, sal die voëls van die hemel eet.

25. Daar was sekerlik nie een soos Ag’av wat homself verkoop het om boos te doen in die oë van יהוה nie omdat sy vrou Izevel hom aangehits het.

26. Hy het baie afskuwelik opgetree deur afgode te volg, volgens alles wat die Emoriete gedoen het, wat יהוה voor die kinders van Yisra’el uitgegooi het.”

27. Toe Ag’av hierdie woorde hoor, het dit gebeur dat hy sy klere skeur, ’n roukleed aantrek en vas en hy het in die roukleed gelê en neerslagtig rondgegaan.

28. Toe kom die woord van יהוה tot Eliyahu, die Tishbiet en sê:

29. “Het jy gesien hoe Ag’av homself voor My verneder het? Omdat hy homself voor My verneder het, sal Ek die boosheid nie in sy dae bring nie; Ek sal die boosheid oor sy huis bring in sy seun se dae.”