hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Samuel 6 Die Boodskap (DB)

Die verbondsark word teruggestuur

1. Die ark van die Here was sewe maande in die Filistyne se gebied,

2. toe laat die Filistyne hulle priesters en waarsêers kom en vra vir hulle: “Wat moet ons doen met die ark van die Here? Sê vir ons waarmee ons hom moet terugstuur na sy plek toe.”

3. Die waarsêers antwoord hulle: “As julle die ark van die God van Israel terugstuur, moet julle dit net nie sonder ’n geskenk terugstuur nie. Julle móét die God van Israel iets gee vir die skade; dan kan julle dalk gesond word en agterkom waarom Hy julle so swaar laat kry.”

4. Hulle vra toe: “Waarmee moet ons vir die skade betaal?” Die waarsêers antwoord: “Met vyf goue swere en vyf goue rotte, want daar is vyf Filistynse regeerders, en dieselfde plaag het julle en julle vyf regeerders getref.

5. Maak beeldjies van die swere en van die rotte wat julle land verniel, en erken só dat die God van Israel ’n magtige God is. Miskien sal Hy julle en julle gode en julle land dan nie meer laat swaarkry nie.

6. Moenie hardkoppig wees soos die Egiptenaars en die farao nie. God het hulle in die woestyn laat swaarkry, toe móés hulle die Israeliete laat trek.

7. Kry ’n nuwe wa reg en twee koeie wat in melk is, maar wat nog nooit ingespan is nie. Span die koeie voor die wa, maar keer die kalwers af stal toe.

8. Vat die ark en sit dit op die wa. Sit dan die goue beeldjies waarmee julle die God van Israel betaal vir die skade, in ’n sak langs die kis. Los dan die wa

9. en kyk waarheen die koeie loop. As hulle na die plek toe gaan waar die ark vandaan kom, na Bet-Semes se kant toe, dan weet ons dit is die God van Israel wat hierdie groot moeilikheid oor ons gebring het. As hulle nie daarheen loop nie, dan weet ons dat dit nie Hy was wat ons so hard geslaan het nie, maar dat dit bloot toevallig met ons gebeur het.”

10. Hulle het toe so gemaak. Hulle span twee koeie wat in melk is, voor die wa en hou die kalwers op stal.

11. Hulle sit die ark van die Here op die wa en ook die sak met die goue rotte en die beeldjies van die swelsels.

12. Die koeie het reguit na Bet-Semes toe geloop. Hulle het geloop en bulk, maar al die tyd padlangs gehou sonder om links of regs af te draai. Die regeerders van die stadstate het agter die wa aangeloop tot by die grens van Bet-Semes.

13. Die mense van Bet-Semes was in die vallei besig om koring te oes. Toe hulle opkyk en die ark op die wa sien, was hulle bly.

14. Die koeie het met die wa gaan staan by die land van Josua van Bet-Semes. Daar was ’n klipplaat. Hulle kap toe die wa stukkend en offer die twee koeie daar vir die Here.

15. Die Leviete het die ark en die sak met die goue beeldjies van die wa afgetel en dit op die klipplaat neergesit. Daardie dag het die mense van Bet-Semes vir die Here offerdiere geslag en verbrand.

16. Die vyf Filistynse regeerders het dit alles gesien. Hulle is dieselfde dag terug Ekron toe.

17. Die vyf goue beeldjies van die swelsels waarmee die Filistyne die Here wou betaal, is gegee in die plek van die vyf groot dorpe van die Filistyne: Asdod, Gasa, Askelon, Gat en Ekron.

18. Die goue rotte is weer gegee in die plek van al die Filistynse dorpe waaroor die vyf regeerders beheer gehad het, die groot dorpe met mure om en ook die kleiner dorpies sonder mure. Die klipplaat waarop hulle die ark van die Here neergesit het, is vandag nog daar op die stuk grond van Josua van Bet-Semes.

19. Die Here het die mense van Bet-Semes swaar gestraf omdat hulle in die ark geloer het. Hy het 70 van die 5 000 inwoners laat doodgaan. Die mense van Bet-Semes het gehuil omdat die Here hulle so hard geslaan het.

20. Hulle het gesê: “Wie kan naby die Here, hierdie heilige God, lewendig bly? Na wie toe moet die ark nóú gaan?”

21. Hulle het vir die mense van Kirjat-Jearim laat weet: “Die Filistyne het die ark van die Here teruggebring. Kom haal hom, asseblief.”