hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 1 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die geslagsregister van Jesus Christus

1. Die geslagsregister van Jesus Christus, die Seun van Dawid, die seun van Abraham:

2. Abraham was die vader van Isak, Isak van Jakob, en Jakob van Juda en sy broers;

3. Juda was die vader van Peres en Serag by Tamar, Peres van Gesron, en Gesron van Ram;

4. Ram was die vader van Amminadab, Amminadab van Nagson, en Nagson van Salmon;

5. Salmon was die vader van Boas by Ragab, Boas van Obed by Rut, Obed van Isai;

6. Isai was die vader van koning Dawid.Dawid was die vader van Salomo by die vrou van Urija;

7. Salomo was die vader van Rehabeam, Rehabeam van Abia en Abia van Asa;

8. Asa was die vader van Josafat, Josafat van Joram, en Joram van Ussia;

9. Ussia was die vader van Jotam, Jotam van Agas, en Agas van Hiskia;

10. Hiskia was die vader van Manasse, Manasse van Amon, en Amon van Josia;

11. Josia was die vader van Jojagin en sy broers. Toe is die volk weggevoer na Babilonië toe.

12. En na die Babiloniese ballingskap was dit so: Jojagin was die vader van Sealtiël, en Sealtiël van Serubbabel;

13. Serubbabel was die vader van Abihud, Abihud van Eljakim, en Eljakim van Asor;

14. Asor was die vader van Sadok, Sadok van Agim, en Agim van Elihud;

15. Elihud was die vader van Eleasar, Eleasar van Mattan, en Mattan van Jakob;

16. Jakob was die vader van Josef, die man van Maria uit wie gebore is Jesus wat Christus genoem word.

17. Altesaam was daar dus veertien geslagte van Abraham af tot by Dawid, veertien van Dawid af tot by die Babiloniese ballingskap en veertien van die Babiloniese ballingskap af tot by Christus.

Die geboorte van Jesus Christus

18. Hier volg nou die geskiedenis van die geboorte van Jesus Christus.Toe sy moeder Maria nog aan Josef verloof was, het dit geblyk dat sy swanger is sonder dat hulle gemeenskap gehad het. Die swangerskap het van die Heilige Gees gekom.

19. Haar verloofde, Josef, wat aan die wet van Moses getrou was maar haar tog nie in die openbaar tot skande wou maak nie, het hom voorgeneem om die verlowing stilweg te verbreek.

20. Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees.

21. Sy sal 'n Seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.”

22. Dit het alles gebeur sodat die woord wat die Here deur sy profeet gesê het, vervul sou word:

23. “Die maagd sal swanger worden 'n Seun in die wêreld bring,en hulle sal Hom Immanuel noem.”Die naam beteken God by ons.

24. Toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gemaak soos die engel van die Here hom beveel het en met haar getrou.

25. Hy het egter nie met haar omgang gehad voordat sy haar Seun in die wêreld gebring het nie. En Josef het Hom Jesus genoem.