hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28

Ou Testament

Nuwe Testament

Matteus 4 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die versoeking in die woestyn

1. Toe is Jesus deur die Gees die woestyn in gelei om deur die duiwel versoek te word.

2. Veertig dae en veertig nagte het Hy niks geëet nie en naderhand het Hy honger geword.

3. Die versoeker het toe gekom en vir Hom gesê: “As U die Seun van God is, sê hierdie klippe moet brood word.”

4. Maar Hy antwoord: “Daar staan geskrywe:“'n Mens leef nie net van brood niemaar van elke woordwat uit die mond van God kom.”

5. Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan

6. en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe:“Hy sal sy engele oor jou opdrag gee“en:“Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.”

7. Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.”

8. Toe neem die duiwel Hom na 'n baie hoë berg toe, wys Hom al die koninkryke van die wêreld met hulle prag

9. en sê vir Hom: “Dit alles sal ek vir U gee as U neerval en my aanbid.”

10. Maar Jesus sê vir hom: “Gaan weg, Satan, want daar staan geskrywe:“Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.”

11. Daarna het die duiwel Hom met rus gelaat, en daar het engele gekom en Hom versorg.

Die eerste optrede van Jesus

12. Toe Jesus hoor dat Herodes vir Johannes in die tronk laat opsluit het, het Hy na Galilea toe gegaan.

13. Hy het nie in Nasaret gaan bly nie, maar Hom gaan vestig in Kapernaum by die see, in die gebied van Sebulon en Naftali.

14. So moes vervul word wat deur die profeet Jesaja gesê is:

15. “Jy, gebied van Sebulon en gebiedvan Naftali,aan die seekant en oorkant die Jordaan,Galilea waar die heidene woon!

16. Die volk wat in duisternis woon,het 'n groot lig gesien;hulle wat in die skemerlandvan die dood lewe,vir hulle het die lig opgegaan.”

17. Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

Die roeping van die eerste dissipels

18. Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep.

19. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.”

20. Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg.

21. Toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers: Jakobus 'n seun van Sebedeus, en sy broer Johannes. Hulle was in 'n skuit saam met hulle pa besig om hulle nette reg te maak. Jesus het hulle geroep,

22. en hulle het dadelik die skuit en hulle pa verlaat en vir Jesus gevolg.

Weldade aan baie mense

23. Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak.

24. En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak.

25. Groot menigtes uit Galilea, Dekapolis, Jerusalem, Judea en van oorkant die Jordaan af het Hom gevolg.