hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21

Ou Testament

Nuwe Testament

Rigters 17 Die Boodskap (DB)

Miga se afgode

1. Daar was ’n man met die naam Miga wat in die Efraimsberge gebly het.

2. Op ’n dag het hy vir sy ma gesê: “Ek het gehoor hoe Ma die persoon vervloek wat daardie dertien kilogram silwer van Ma gesteel het. Wel, hier is dit terug, want ek is die een wat dit gesteel het.”“Mag die Here jou seën omdat jy dit teruggegee het, my seun,” het sy gesê.

3. Toe hy die silwer vir haar teruggee, het sy gesê: “Om te keer dat die vloek my seun tref, dra ek hierdie silwer aan die Here op. Vat dit nou vir jou, my seun, en gaan maak vir jou ’n afgodsbeeld daarvan.”

4. Nadat hy die silwer vir sy ma teruggegee het, het sy ongeveer twee en ’n half kilogram daarvan gevat en dit vir ’n silwersmid gegee om ’n afgodsbeeld mee te maak. Toe die beeld klaar was, is dit in Miga se huis gesit.

5. Miga het sy eie tempel by sy huis gehad. Daarin het hy ’n afgodsbeeld en ander huisgode gesit. Toe het hy een van sy seuns as priester aangestel.

6. In daardie tyd het Israel nog nie ’n koning gehad wat oor hulle regeer het nie. Almal het gedoen net wat hulle wou.

7. Op ’n dag het ’n jong man, ’n Leviet wat in Betlehem in Juda gebly het, maar nie daar gebore is nie,

8. op ’n ander dorp blyplek gaan soek. Hy het toe by Miga se huis in die berge van Efraim aangekom.

9. “Waar kom jy vandaan?” het Miga vir hom gevra.“Ek is ’n Leviet uit Betlehem in Juda,” het hy geantwoord, “en ek is op soek na ander blyplek.”

10. “Bly by my, word my raadgewer en my priester. In ruil daarvoor sal ek jou elke jaar 114 gram silwer en kos en klere gee,” het Miga vir hom gesê.

11. Die Leviet het besluit om dit te doen. Hy het later vir Miga soos ’n eie seun geword.

12. Miga het die Leviet as sy persoonlike priester aangestel en hy het in Miga se huis gebly.

13. “Nou weet ek die Here sal my seën,” het Miga gesê, “want ek het ’n Leviet wat my priester is.”