hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 36 Die Boodskap (DB)

Die nageslag van Esau en die Edomiete

1. Hier is die familiegeskiedenis van Esau of die Edomiete.

2. Esau het met Kanaänitiese meisies getrou: met Ada dogter van Elon, die Hetiet, met Oholibama dogter van Ana, dogter van Sibon, die Hewiet,

3. en met Basemat dogter van Ismael en suster van Nebajot.

4. Uit Ada is Elifas gebore en uit Basemat Reüel.

5. Oholibama se seuns was Jeüs, Jalam en Korag. Al hierdie seuns is vir Esau in Kanaän gebore.

6. Op ’n dag het Esau besluit om na ’n ander land toe te trek. Hy wou van sy broer, Jakob, af wegkom. Hy het toe sy vroue, sy seuns, sy dogters en al sy werkers gevat en hulle is daar weg. Hy het al die besittings wat hy oor die jare in Kanaän versamel het, asook al sy kleinvee en grootvee, saamgeneem.

7. Esau en Jakob se besittings het net te veel geword en hulle kon nie meer saam boer nie. Die land, wat nog nie aan hulle behoort nie en waar hulle nog as vreemdelinge gebly het, was te klein vir al hulle vee.

8. Esau, dit is Edom, het in die Seïrberge gaan woon.

9. Hier is die name van Esau se seuns wat in die Seïrberge gebore is. Esau was die voorvader van al die Edomiete.

10. Die name van Esau se seuns was Elifas, seun van Esau se vrou Ada, en Reüel, seun van Esau se vrou Basemat.

11. Elifas se seuns was Teman, Omar, Sefo, Gatam en Kenas.

12. Esau se seun Elifas het ook ’n byvrou, Timna, gehad, en haar seun se naam was Amalek. Bogenoemde is die nageslag van Esau se vrou Ada.

13. Die seuns van Reüel was Nagat, Serag, Samma en Missa. En hulle was die kinders van Esau se vrou Basemat.

14. Die seuns van Esau se vrou Oholibama, dogter van Ana, dogter van Sibon, was Jeüs, Jalam en Korag. Hulle was almal Esau se seuns.

15. Die volgende seuns uit Esau se nageslag was almal hoofde van stamme. Elifas, Esau se oudste seun, het die volgende seuns gehad: Teman, Omar, Sefo, Kenas,

16. Korag, Gatam en Amalek. Hulle was die hoofde van verskillende stamme in Edom. Almal het uit die familie van Elifas gekom en hulle was deel van Ada, die vrou van Esau, se nageslag.

17. Esau se seun Reüel het weer die volgende seuns gehad: Nagat, Serag, Samma en Missa. En hulle was almal stamhoofde. Hulle was die hoofde van verskillende stamme in Edom. Almal het uit die familie van Reüel gekom en hulle was deel van Basemat, die vrou van Esau, se nageslag.

18. Esau se vrou Oholibama het die volgende seuns gehad: Jeüs, Jalam en Korag. Almal was stamhoofde uit die geslag van Oholibama, dogter van Ana, die vrou van Esau.

19. Dit was Esau, dit is Edom, se nageslag, en dit was hulle stamhoofde.

Die nageslag van Seïr

20. Hier is die name van die seuns van Seïr, die Goriet, wat in die land Edom gewoon het: Lotan, Sobal, Sibon, Ana,

21. Dison, Eser en Disan. Hulle was die Goritiese stamhoofde wat uit die omgewing van Seïr getrek en in Edom gaan woon het.

22. Lotan se seuns was Gori en Hemam. Lotan se suster was Timna.

23. Sobal se seuns was Alwan, Managat, Ebal, Sefi en Onam.

24. Sibon se seuns was Aja en Ana. En Ana het warmbronne in die woestyn ontdek terwyl hy sy pa, Sibon, se donkies opgepas het.

25. Ana het ’n seun, Dison, en ’n dogter, Oholibama, gehad.

26. Dison se seuns was Gemdan, Esban, Jitran en Keran.

27. Eser se seuns was Bilhan, Saäwan en Akan.

28. Disan se seuns was Us en Aran.

29. Die stamhoofde van die Goriete was Lotan, Sobal, Sibon, Ana,

30. Dison, Eser en Disan. Dit was die Goritiese stamhoofde van die verskillende stamme in Seïr.

Die konings van Edom

31. Hier volg die name van die konings wat in Edom regeer het lank voordat daar ’n koning in Israel was.

32. In Edom het Bela, seun van Beor, regeer. Sy hoofstad was Dinhaba.

33. Na Bela se dood het Jobab, seun van Serag wat uit Bosra afkomstig was, regeer.

34. Na Jobab se dood het Gusam regeer. Hy was uit die wêreld van die Temaniete afkomstig.

35. Na Gusam se dood het Hadad, seun van Bedad, koning geword. Hy was die een wat die Midianiete in die Moabsvelde verslaan het. En Hadad se hoofstad was Awit.

36. Na Hadad se dood het Samla regeer. Hy was uit Masreka afkomstig.

37. Na Samla se dood het Saul regeer. En Saul het uit die omgewing van die Regobot-aan-die-Rivier gekom.

38. Na Saul se dood het Baäl-Ganan, seun van Akbor, regeer.

39. Na Baäl-Ganan se dood het Hadar in die stad Paü regeer. Sy vrou was Mehetabel, dogter van Matred, dogter van Me-Sahab.

Stamhoofde van Esau

40. Hier volg die name van die stamhoofde van Esau volgens hulle families en hulle woonplekke. Hulle was Timna, Alwa, Jetet,

41. Oholibama, Ela, Pinon,

42. Kenas, Teman, Mibsar,

43. Magdiël en Iram. Dit is die name van die stamhoofde van Edom volgens hulle woonplekke in die land waar hulle besittings gehad het. En dit was nou die nageslag van Esau, die voorvader van Edom.