hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 11 Die Boodskap (DB)

Die toring van Babel

1. Die hele wêreld het dieselfde taal gepraat.

2. Baie mense het ooswaarts begin trek en by ’n groot vallei in die land Sinear gekom. Hulle het besluit om daar te bly.

3. Op ’n dag sê hulle toe vir mekaar: “Kom ons maak stene en bak dit kliphard.” In plaas van groot steenklippe het hulle toe kleistene gemaak en in plaas van sement het hulle asfalt gebruik.

4. Toe sê hulle vir mekaar: “Kom ons bou vir onsself ’n stad met so ’n hoë toring dat die puntjie aan die hemel raak. Ons sal dan beroemd word en ook sterk wees. Doen ons dit nie, is dit klaarpraat met ons. Ons sal magteloos oor die hele wêreld rondswerf.” Hulle het toe begin bou.

5. Die Here moes egter afkom om die mense se stad en toring te kon sien.

6. En die Here het gesê: “Wat doen die mense tog? Hulle dink as hulle een volk met een taal is, sal alles vir hulle moontlik wees en sal hulle alles kan doen.

7. Ek gaan nou tot onder toe afdaal en hulle taal verwar. Hulle sal met mekaar praat, maar mekaar hoegenaamd nie verstaan nie.”

8. So het die Here hulle oor die hele wêreld verstrooi. Die mense het ook opgehou om verder aan die stad met die hoë toring te bou.

9. Dis hoekom hulle daardie plek Babel genoem het, want dit is waar die Here die mense verskillende tale laat praat het en hulle oor die hele aarde versprei het.

Die nageslag van Sem tot by Abram

10. Hier is die nageslag van Sem. Toe Sem 100 was, is sy seun Arpaksad gebore, twee jaar ná die oorstroming.

11. Na Arpaksad se geboorte het Sem nog 500 jaar geleef en ook ander seuns en dogters gehad.

12. Toe Arpaksad 35 was, is Selag gebore.

13. Na Selag se geboorte het Arpaksad nog 403 jaar geleef en nog ander seuns en dogters gehad.

14. Toe Selag 30 was, is Heber gebore.

15. Na Heber se geboorte het Selag nog 403 jaar geleef en ook ander seuns en dogters gehad.

16. Toe Heber 34 was, is Peleg gebore.

17. Na Peleg se geboorte het Heber nog 430 jaar geleef en ook ander seuns en dogters gehad.

18. Toe Peleg 30 was, is Reü gebore.

19. Na Reü se geboorte het Peleg nog 209 jaar geleef en nog ander seuns en dogters gehad.

20. Toe Reü 32 was, is Serug gebore.

21. Na Serug se geboorte het Reü nog 207 jaar geleef en nog ander seuns en dogters gehad.

22. Toe Serug 30 was, is Nahor gebore.

23. Na Nahor se geboorte het Serug nog 200 jaar geleef en nog seuns en dogters gehad.

24. Toe Nahor 29 was, is Tera gebore.

25. Na Tera se geboorte het Nahor nog 119 jaar geleef en ander seuns en dogters gehad.

Abram se familiegeskiedenis

26. Toe Tera 70 was, is sy seuns Abram, Nahor en Haran gebore.

27. So lyk Tera se afstammelinge. Tera het drie seuns, Abram, Nahor en Haran, gehad. Haran het ’n seun met die naam Lot gehad.

28. Aanvanklik het die familie in Ur van die Galdeërs gewoon. Daar het Haran gesterf. Hy is vroeg dood terwyl sy pa nog geleef het.

29. Abram is getroud en later is Nahor ook getroud: Abram met Sarai en Nahor met Milka. Milka was ’n dogter van Haran, wat ook nog ’n ander dogter gehad het met die naam Jiska.

30. Abram en Sarai het nie kinders gehad nie, want Sarai was onvrugbaar.

31. Op ’n dag het Tera besluit om te trek. Hy het sy oudste seun, Abram, sy skoondogter, Sarai, sy kleinkind, Lot, en die res van die familie gevat en getrek. Hulle is sak en pak uit Ur van die Galdeërs weg en het in die rigting van Kanaän getrek. Op pad het hulle in Haran gekom en besluit om daar te bly.

32. Tera was 205 jaar oud toe hy die dag in Haran gesterf het.