hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50

Ou Testament

Nuwe Testament

Genesis 16 Die Boodskap (DB)

Die verhaal van Hagar en Ismael

1. Na al die jare was Abram se vrou, Sarai, steeds kinderloos. Uit frustrasie het sy haar Egiptiese slavin, Hagar, na Abram toe gevat en gesê:

2. “Die Here het my nie ’n kind van my eie gegee nie. So, vat haar. Slaap by haar en laat haar kind ook my kind wees.” Vir Abram was dit ’n uitstekende plan.

3. Hulle was immers al tien jaar in die land en nog niks het gebeur nie. Sarai het toe haar slavin, Hagar, die vrou uit Egipte, vir haar man, Abram, as byvrou gegee.

4. Abram het by Hagar gaan slaap en sy het ’n kind verwag. Hagar het toe hoogmoedig geword en Sarai sleg behandel.

5. Diep seergemaak het Sarai vir Abram gesê: “Dis alles jou skuld. Ek verdien nie om so beledig te word nie. Ek het haar vir jou gegee, maar toe sy sien sy verwag, het sy my begin verag. Laat die Here tussen my en jou oordeel.”

6. Abram het toe gesê: “Dis jou slavin, maak met haar wat jy wil.” Sarai het haar toe so sleg behandel dat Hagar haar goed gevat en weggeloop het.

7. Die Here het deur sy Engel vir Hagar by ’n fontein in die woestyn ontmoet. Dit is die fontein op die pad na Sur. Hy vra haar toe: “Hagar, Sarai se slavin, sê My, waarvandaan kom jy en waarheen gaan jy?”

8. “Ek vlug van my eienares, Sarai, af weg,” het sy geantwoord.

9. Die Here se Engel sê toe vir haar: “Gaan terug na daardie plek toe waar jy nie wil wees nie. Gaan terug na jou eienares en doen wat sy vir jou sê.

10. Ek sal jou nageslag so baie maak dat hulle nie getel kan word nie.”

11. Die Here se Engel het ook nog verder gesê: “Jy verwag en binnekort sal jy ’n seun hê. Jy moet hom Ismael noem (dit beteken: ‘God het gehoor’), want die Here het jou gehoor toe jy in jou nood geroep het.

12. Soos ’n wilde donkie in die veld sal jou seun wees. Vry en ongebonde sal hy leef. Niemand sal oor hom heers nie. Teen almal sal hy hom verset en almal sal hom probeer tem. Met sy eie mense sal hy in vyandskap leef.”

13. Hagar het toe ’n naam vir die Here gegee: “U is die God wat mense raaksien en vir hulle sorg. Vandag het ek God gesien wat my raakgesien het.”

14. Tot vandag toe noem hulle die fontein die Beer-Lagai-Roï. Dit is die fontein daar tussen Kades en Bered.

15. Hagar het na Abram en Sarai teruggegaan. Na ’n ruk is haar seun gebore. Abram het die kind Ismael genoem.

16. Abram was 86 jaar oud toe Ismael gebore is.