hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 1 Bybel vir Almal (ABA)

Dawid hoor dat Saul gesterf het

1. Nadat Saul gesterf het, het Dawid die Amalekiete oorwin en toe het hy teruggekom. Hy was twee dae in die stad Siklag,

2. en op die derde dag het daar iemand gekom uit die kamp van die manne van Saul. Die man se klere was geskeur en daar was grond op sy kop. Toe hy by Dawid kom, het hy laag gebuig en hy het op die grond gaan lê.

3. Dawid het vir hom gevra: “Van waar kom jy?”Die man het geantwoord: “Ek het weggevlug uit die kamp van die Israeliete.”

4. Toe vra Dawid vir hom: “Wat het gebeur, vertel asseblief vir my.”Die man het gesê: “Die manne het gevlug uit die oorlog, en baie manne het gesterf. Saul en sy seun Jonatan is ook dood.”

5. Toe vra Dawid vir die jongman wat dit vir hom kom sê het: “Hoe weet jy dat Saul en sy seun Jonatan dood is?”

6. Die jongman het gesê: “Ek het op Gilboa-berg gekom, en daar het ek vir Saul gesien, hy het in sy spies geval. Die Filistyne se oorlogkarre en hulle manne op perde was rondom hom.

7. Saul het omgekyk en hy het vir my geroep, en toe ek antwoord,

8. vra hy vir my wie ek is. Ek het vir hom gesê ek is ’n Amalekiet.

9. Toe sê hy vir my: ‘Jy moet asseblief hier na my toe kom en jy moet my doodmaak, want ek lewe nog maar ek is besig om te sterf en ek is baie bang.’

10. “Ek het na hom toe gegaan en ek het hom doodgemaak, want ek het geweet hy sal nie lank lewe nie omdat hy in sy spies geval het. Ek het die kroon op sy kop en die armband aan sy arm geneem en ek het dit hiernatoe gebring vir Meneer.”

11. Dawid en al die manne by hom het hulle klere gegryp en hulle het dit geskeur.

12. Hulle het tot die aand gerou en gehuil en gevas oor Saul en sy seun Jonatan, oor die manne van die Here en oor die volk Israel, want hulle het in die oorlog gesterf.

13. Dawid het vir die jongman wat dit vir hom kom vertel het, gevra: “Van waar kom jy?”Hy het gesê: “Ek is die seun van ’n vreemdeling, ’n Amalekiet.”

14. Dawid sê toe: “Hoekom was jy nie bang om jou hand uit te steek om die gesalfde van die Here dood te maak nie?”

15. Dawid roep toe een van sy eie jongmanne en sê: “Kom, maak hom dood.”Die jongman het dit gedoen, en die Amalekiet het gesterf.

16. Dawid het vir hom gesê: “Dit is jou eie skuld dat jy moet sterf, want jy het self gesê jy het die gesalfde van die Here doodgemaak.”

Die klaaglied van Dawid oor Saul en Jonatan

17. Dawid het hierdie klaaglied gesing oor Saul en oor sy seun Jonatan.

18. Hy het gesê die mense van Juda moet die lied leer. Hy het dit “Die Booglied” genoem en hy het gesê hulle moet dit skryf in die Boek van Jasar.

19. “Land Israel, die vinnige,die mooi leierlê dood op jou berge,die manne wat oorlogmoes maak, het gesterf.

20. Julle moet dit nie vertelin die stad Gat nie,julle moenie daarvan praatop die strate van die stadAskelon nie,want dan sal die vrouevan die Filistyne bly wees,die heidenvroue sal juig.

21. Berge van Gilboa,daar moenie meer dou of reënop julle val nie,daar moenie koring of vrugte weesom te offer nie.Want daar op julle het die skildevuil geword van die grond,die skilde van die mensewat oorlog moes maak,en daar het die skild van Saulbly lê,niemand het olyf-olie daaropgesmeer nie.

22. Die pyl en boog van Jonatanhet nie opgehou om raakte skiet nie,die swaard van Saul het aangehouom Filistyne te laat sterf.

23. Ons was lief vir Saul en Jonatan,en hulle was vir ons mooi.Hulle is bymekaarnadat hulle gesterf hetsoos hulle bymekaar wastoe hulle gelewe het.Hulle was vinniger as arendeen sterker as leeus.

24. Vroue van Israel,julle moet huil oor Saul,dit is hy wat vir julle mooi,bloedrooi klere laat aantrek heten wat vir julle goue juwelelaat dra het op julle klere.

25. Die manne wat oorlogmoes maak, het gesterf.Jonatan lê dood op Gilboa-berg.

26. My broer Jonatan, ek huilen treur oor jou.Jy was vir my baie kosbaar.Dit was wonderlik dat jylief was vir my,wonderliker as dat vrouelief was vir my.

27. Die manne wat oorlogmoes maak, het gesterf,die manne wat die oorlogmoes wen, is dood.”