hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 9 Bybel vir Almal (ABA)

Dawid sorg vir Jonatan se seun

1. Dawid het gevra: “Lewe daar nog iemand van die nageslag van Saul? Ek wil vir hom doen wat ek moet doen, want ek het dit vir Jonatan belowe.”

2. Daar was ’n amptenaar van die koningsfamilie van Saul, sy naam was Siba. Die mense het hom laat roep, en toe hy by Dawid kom, het die koning gevra: “Is jy Siba?”Hy het gesê: “Ja, wat kan ek vir jou doen?”

3. Die koning het vir hom gevra: “Lewe daar nog iemand van die nageslag van Saul? Ek wil vir hom doen wat ek moet doen, ek het dit voor God belowe.”Siba het vir die koning gesê: “Daar is nog ’n seun van Jonatan. Maar sy bene is verlam.”

4. Die koning het vir Siba gevra: “Waar is hy?”Siba het vir die koning gesê: “Hy is in die stad Lo-Dabar, in die huis van Makir seun van Ammiël.”

5. Koning Dawid het mense gestuur en hy het vir Mefiboset laat haal by die huis van Makir seun van Ammiël in Lo-Dabar.

6. Toe Mefiboset seun van Jonatan seun van Saul by Dawid kom, het hy laag gebuig met sy gesig teen die grond. Dawid het gesê: “Mefiboset.”En Mefiboset het gesê: “Hier is ek, wat kan ek vir jou doen?”

7. Dawid het vir hom gesê: “Moenie bekommerd wees nie. Ek wil vir jou doen wat ek moet doen, ek het dit vir jou pa Jonatan belowe. Ek gee vir jou al die grond wat jou oupa Saul gehad het. En jy kan elke dag saam met my eet.”

8. Mefiboset het laag gebuig en gesê: “Hoekom wil jy vir my sorg? Ek beteken niks, ek is soos ’n dooie hond.”

9. Die koning het vir Siba, die amptenaar van Saul, geroep en vir hom gesê: “Ek het alles wat aan Saul en sy hele familie behoort het, vir die seun van jou meneer Jonatan gegee.

10. Jy moet vir hom in sy grond werk, jy en jou seuns en jou slawe, en jy moet die koring en die gars bring wat jy afgesny het, en die vrugte wat jy gepluk het, sodat jou meneer se seun kos sal hê om te eet. Mefiboset, die seun van jou meneer, moet elke dag saam met my eet.”Siba het 15 seuns gehad en 20 slawe.

11. Siba het vir die koning gesê: “Ek sal alles doen wat Meneer die koning vir my gesê het sodat Mefiboset saam met die koning kan eet soos die koning se eie seuns.”

12. Mefiboset het ’n klein seuntjie gehad. Sy naam was Mika.

13. Mefiboset het in Jerusalem gewoon, want hy het elke dag saam met die koning geëet. Altwee sy bene was verlam.