hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 23 Bybel vir Almal (ABA)

Die laaste dinge wat Dawid gesê het

1. Hier is die laaste dinge wat Dawid gesê het:“Dawid seun van Isaihet gepraat.Die Here het hom’n belangrike man gemaak,en dit is hý wat gepraat het,hy, die gesalfdevan die God van Jakob,die Sterk God van Israelwas lief vir hom.

2. Dit is die Gees van die Herewat in my praat,Hy gee vir my die woordewat ek sê.

3. Die God van Israelhet gepraat,die Rots van Israelhet vir my gesê:Iemand wat regverdig regeeroor menseen wat vir God dien,

4. is soos die oggendligwanneer die son opkomen daar nie wolke is nie,en die reën blinkop die groen plantewat uit die aarde groei.

5. Dit is hoe ek en my nageslagby God is,want Hy het ’n verbondgemaak met my,’n verbond wat altydsal wees,sodat ek alles sal doensoos dit moet wees,en sodat ek veilig sal wees.Hy help my en Hy gee vir mywat ek graag wil hê,alles kom van Hom.

6. Maar slegte menseis soos doringswat jy weggooi,jy raak nie daaraanmet jou kaal hand nie.

7. Iemand wat met die doringsmoet werk,gebruik ’n yster of ’n spiesse steel,en hy verbrand die doringsdaar waar dit lê.”

Die spesiale manne van Dawid

8. Dawid het spesiale manne gehad wat goed oorlog kon maak. Hier is hulle name:Joseb-Bassebet van die stad Tagkemon was die leier van die eerste drie manne. Hy het 800 manne op een plek doodgemaak met sy spies.

9. Die volgende man van die eerste drie manne was Eleasar seun van Dodi van die stad Agoag. Eleasar was by Dawid toe hulle die Filistyne aangeval het wat bymekaargekom het om oorlog te maak. Die manne van Israel het gevlug,

10. maar Eleasar het bly staan en hy het Filistyne plat geslaan. Hy het aangehou totdat sy arm moeg was en sy hand vasgesit het aan die swaard. Die Here het hom laat wen teen al die Filistyne, en die ander manne van Israel het teruggekom net om die Filistyne se goed te vat.

11. Die derde man van die eerste drie manne was Samma seun van Age van die stad Harar. Die Filistyne het bymekaargekom by die plek Legi. Daar was ’n stuk grond waar lensies gegroei het. Die manne van Israel het gevlug vir die Filistyne,

12. maar Samma het in die lensieland gaan staan en hy het gekeer sodat die vyande dit nie kon vat nie. Hy het die Filistyne plat geslaan, en die Here het hom laat wen teen al die Filistyne.

13. Eendag het drie van die 30 leiers afgegaan na Dawid toe. Dawid was by die Adullam-grot. Dit was in die tyd toe die mense die koring afgesny het. ’n Groep Filistyne se tente was in Spook-laagte.

14. Dawid was in ’n veilige plek in die berge, en die Filistyne het manne in die stad Betlehem laat bly om die stad op te pas.

15. Dawid het dors geword en gesê: “Ek wens iemand bring vir my water uit die watergat in die poort van Betlehem.”

16. Die drie manne het tussen die tente van die Filistyne deurgeloop en hulle het water geskep uit die watergat in die poort van Betlehem. Hulle het dit vir Dawid gebring, maar Dawid wou dit nie drink nie. Hy het dit vir die Here gegee, dit was ’n drank-offer.

17. Dawid het gesê: “Here, ek kan nie hierdie water drink nie. As hierdie manne gesterf het, dan was dit my skuld.”Dawid wou nie die water drink nie, maar dit is wat die drie manne gedoen het.

18. Abisai broer van Joab en seun van Seruja was die leier van die 30 manne. Hy het 300 manne doodgemaak met sy spies. Mense het gedink hy is net so belangrik soos die eerste drie manne.

19. Hy was die belangrikste van die 30 manne en hy was hulle leier, maar hy het nie een van die eerste drie manne geword nie.

20. Benaja seun van Jojada van die stad Kabseël was ’n dapper man wat groot dinge gedoen het. Dit is hý wat daardie twee baie sterk manne van Moab oorwin het. En eendag toe dit gesneeu het, het hy afgegaan in ’n gat en hy het ’n leeu doodgemaak.

21. Dit is ook hý wat die Egiptenaar oorwin het. Die Egiptenaar was ’n mooi man en hy het ’n spies in sy hand gehad. Benaja het net ’n stok saamgeneem toe hy afgegaan het na die Egiptenaar toe. Hy het die spies uit die Egiptenaar se hand gevat en hy het die Egiptenaar met sy eie spies doodgemaak.

22. Dit is wat Benaja seun van Jojada gedoen het. Die 30 spesiale manne het toe gedink Benaja is baie belangrik.

23. Hy was die belangrikste van die 30 manne, maar hy het nie een van die eerste drie manne geword nie. Dawid het hom gekies en aangestel om die hoof te wees van die manne wat die koning moes oppas.

24. Joab se broer Asael was een van die 30 manne.By hulle was daar ook Elgananseun van Dodovan die stad Betlehem,

25. Samma en Elikavan die stad Garod,

26. Geles van die stad Pelet,Ira seun van Ikkesvan die stad Tekoa,

27. Abiëser van die stad Anatot,Mebunnai van die stad Gusa,

28. Salmon van die stad Agoag,Magri van die stad Netofa,

29. Geleb seun van Baänavan die stad Netofa,Ittai seun van Ribai van die stadGibea-van-die-Benjaminiete,

30. Benaja van die stad Piraton, Hiddai van die stadNagale-Gaäs,

31. Abi-Albon van die stad Arba,Asmawet van die stad Bargum,

32. Eljagba van die stad Saälbon,die seuns van Jasen,Jonatan,

33. Samma van die stad Harar,Agiam seun van Sararvan die stad Arar,

34. Elifelet seun van Agasbaivan die stad Maäka,Eliam seun van Agitofelvan die stad Gilo,

35. Gesrai van die stad Karmel,Paärai van die stad Arab,

36. Jigal seun van Natanvan die stad Soba,Bani van die land Gad,

37. Selek die Ammoniet,Nagrai van die stad Beërot,hy was ’n wapendraer van Joabseun van Seruja,

38. Ira en Gareb van die stad Jeter,

39. Urija die Hetiet.Hulle was almal saam 37 manne.