hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Samuel 4 Bybel vir Almal (ABA)

Twee offisiere vermoor vir Is-Boset

1. Toe Is-Boset seun van Saul hoor dat Abner in Hebron gesterf het, het hy so geskrik dat hy niks kon doen nie, en al die mense van Israel was baie bang.

2. Is-Boset het twee offisiere gehad wat die leiers was van manne wat stede aangeval het en wat die goed in die stede gevat het. Hulle name was Baäna en Rekab, en hulle was seuns van Rimmon, ’n man van die stad Beërot. Hulle was Benjamin-mense, want Beërot was in die land Benjamin.

3. Die mense van Beërot het na die stad Gittajim gevlug en hulle is nou nog daar vreemdelinge.

4. Saul se seun Jonatan het ’n seun gehad. Die seun se bene was verlam. Hy was vyf jaar oud toe hulle gehoor het wat met Saul en Jonatan gebeur het naby Jisreël. Die vrou wat die seun opgepas het, het hom geneem en gevlug, maar sy was so haastig om te vlug dat sy hom laat val het, en hy het verlam geword. Die seun se naam was Mefiboset.

5. Rekab en Baäna, die seuns van Rimmon van die stad Beërot, het op die warmste tyd van die dag in die huis van Is-Boset ingekom toe hy die middag geslaap het.

6. Hulle het gesê hulle bring koring en hulle het vir Is-Boset in sy maag gesteek en gevlug.

7. Terwyl Is-Boset op sy bed in die slaapkamer gelê het, het hulle in die huis ingekom en hulle het hom doodgemaak. Hulle het sy kop afgesny en saamgeneem. Hulle het die hele nag op die pad deur die Jordaan-vallei geloop

8. en hulle het Is-Boset se kop vir Dawid in Hebron gebring. Hulle het vir die koning gesê: “Hier is die kop van jou vyand Is-Boset seun van Saul wat jou wou doodmaak. Die Here het vandag vir Saul en sy nageslag gestraf oor wat hulle aan Meneer die koning gedoen het.”

9. Dawid het die broers Rekab en Baäna, die seuns van Rimmon van die stad Beërot, geantwoord en hy het vir hulle gesê: “Luister, so seker soos die Here lewe wat my uit elke gevaar gered het,

10. toe iemand vir my in Siklag kom vertel het dat Saul dood is, het hy gedink hy bring goeie nuus. Toe het ek hom gegryp en ek het hóm doodgemaak. Dit is wat ek vir hom gegee het vir sy goeie nuus.

11. En wanneer skelms ’n onskuldige man in sy huis op sy bed doodgemaak het, wat moet ek doen? Ek moet julle straf omdat julle hom vermoor het en ek moet julle wegvee van die aarde.”

12. Dawid het toe vir die jongmanne gesê om die twee manne dood te maak. Die jongmanne het dit gedoen en hulle het die twee manne se hande en voete afgekap. Hulle het die manne opgehang by die dam in Hebron. Hulle het die kop van Is-Boset geneem en hulle het dit begrawe in die graf van Abner in Hebron.