hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 19 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Koning Josafat van Juda het behoue tuis gekom in Jerusalem.

2. Daar het die siener Jehu seun van Ganani hom voorgestaan en vir koning Josafat gesê: “Wou u 'n goddelose help en aan 'n hater van die Here liefde betoon? Met hierdie optrede van u het u die toorn van die Here op u laat kom.

3. “Tog, daar is ook goeie dinge by u te vinde: u het die gewyde pale in die land verbrand en u daarop ingestel om na die wil van God te vra.”

Josafat reël die regspraak

4. Nadat Josafat 'n tyd in Jerusalem gebly het, het hy weer 'n keer sy mense besoek, van Berseba af tot in die Efraimsberge, en die volk laat terugkom na die Here, die God van hulle voorvaders.

5. Van stad tot stad, in al die vestingstede van Juda, het hy regters in die land aangestel

6. en hulle opdrag gegee: “Let goed op wat julle doen, want julle oefen die regspraak uit nie vir mense nie, maar vir die Here. Die verantwoordelikheid vir die reg rus op julle.

7. Mag die vrees vir die Here julle bybly! Wees versigtig en doen julle plig. By die Here ons God is daar nie onreg en bevoordeling en korrupsie nie.”

8. Ook in Jerusalem het Josafat persone aangestel vir die regspraak van die Here en vir die beslegting van gedinge tussen inwoners van die stad. Die regters is aangestel uit die Leviete en die priesters en die familiehoofde van Israel.

9. Hy het hulle beveel: “Julle moet julle opdrag uitvoer in eerbied vir die Here, in trou en in volkome onpartydigheid.

10. In elke saak wat aan julle voorgelê word deur julle volksgenote wat oral in julle stede woon, of dit nou gaan om doodslag of om 'n oortreding van die wet, die gebod, die voorskrifte en die bepalings, moet julle julle volksgenote behoorlik waarsku dat hulle hulle nie skuldig maak aan 'n misdaad teen die Here en daardeur die toorn van die Here oor julle en oor hulle laat kom nie. As julle dit so doen, sal julle julle nie skuldig maak aan 'n misdaad teen die Here nie.

11. Die hoëpriester Amarja is die hoogste gesag oor julle vir alle sake van die Here, en Sebadja seun van Ismael en hoof van die stam Juda vir alle sake van die koning. Die Levitiese regsbeamptes is tot julle beskikking. Staan sterk en doen julle plig. Die Here is aan die kant van die goeie.”