hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 10 Afrikaans 1983 (AFR83)

Die skeuring van die ryk

1. Rehabeam het na Sigem toe gegaan omdat die hele Israel daarheen gekom het om hom tot koning te kroon.

2. Jerobeam seun van Nebat was nog in Egipte, waarheen hy vir koning Salomo gevlug het, en toe hy die berig kry, het hy uit Egipte teruggekom.

3. Dit was nadat hulle boodskappers gestuur en hom laat roep het.Hy en die hele Israel kom toe na Rehabeam toe en sê vir hom:

4. “U vader het ons 'n swaar juk laat dra. As u die verpligtinge wat u vader ons opgelê het, minder maak en so die juk ligter maak wat hy ons laat dra het, sal ons u onderdane bly.”

5. Rehabeam het vir hulle gesê: “Kom oor drie dae na my toe terug.”Nadat die volk vertrek het,

6. het Rehabeam toe die raad gevra van die ouer mense wat in diens van Salomo, sy pa, was tydens dié se lewe. “Wat meen julle moet ek hierdie mense antwoord?” het hy gevra.

7. Hulle het vir hom gesê: “As u dit goed bedoel met hierdie volk en hulle tevrede stel en hulle 'n gunstige antwoord gee, sal hulle altyd u onderdane bly.”

8. Maar hy het die raad wat die ouer mense hom gegee het, in die wind geslaan en die raad gevra van die jonger manne wat saam met hom grootgeword het en in sy diens was:

9. “Wat meen júlle moet ons hierdie mense antwoord? Hulle het gevra ek moet die juk wat my pa op hulle gelê het, ligter maak.”

10. Die jongmanne wat saam met hom grootgeword het, het vir hom gesê: “U moet die volk soos volg antwoord. Hulle het vir u gesê: ‘U vader het ons 'n swaar juk laat dra, maak u vir ons die juk ligter.’ U moet vir hulle sê:“My pinkie is dikker as my pa se middellyf.

11. My pa het 'n swaar juk op julle laat druk,ek gaan die juk nog swaarder maak.My pa het julle met swepe geslaan,ek sal julle met gesels slaan.”

12. Toe Jerobeam en die hele volk die derde dag by koning Rehabeam kom volgens sy opdrag “Kom oor drie dae na my toe terug”

13. het hy hulle dié harde antwoord gegee. Koning Rehabeam het die raad van die ouer mense in die wind geslaan

14. en die volk geantwoord volgens die raad van die jonger manne:“Ek gaan 'n swaar juk op julle lê,ek gaan dit nog swaarder maak.My pa het julle met swepe geslaan,ek sal julle met gesels slaan.”

15. Die koning het nie aan die versoek van die volk voldoen nie. Dit was 'n beskikking van die Here God, sodat Hy sy belofte kon hou wat Hy deur Agija van Silo aan Jerobeam seun van Nebat gegee het.

16. Toe die Israeliete hoor dat die koning nie aan hulle versoek voldoen het nie, het hulle vir hom gesê:“Dawid is nie deel van ons nie;ons het niks aan Isai se seun nie!Elkeen terug na sy woonplek toe, Israel!Kyk nou maar na jou eie huis, Dawid!”Die hele Israel is toe terug na sy eie woongebied toe.

17. Rehabeam het net koning geword oor die Israeliete wat in die stede van Juda gewoon het.

18. Koning Rehabeam het vir Adoniram, wat in bevel van die dwangarbeid was, na Israel toe gestuur, maar die Israeliete het hom met klippe doodgegooi, en koning Rehabeam self het dit net-net reggekry om op sy strydwa te kom en na Jerusalem toe te vlug.

19. So het Israel in opstand gekom teen die koningshuis van Dawid, en dit is vandag nog so.