hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36

Ou Testament

Nuwe Testament

2 Kronieke 5 Afrikaans 1983 (AFR83)

1. Nadat al die werk wat Salomo aan die huis van die Here gedoen het, afgehandel is, het hy die besondere wydingsgeskenke van Dawid, sy pa, ingebring. Die silwer en goud en al die toebehore het hy in die voorraadkamers van die tempel van God gesit.

Die ark word in die tempel gesit

2. Daarna het Salomo die leiers van Israel, die stamhoofde en die Israelitiese familiehoofde in Jerusalem bymekaargeroep om die verbondsark van die Here uit Sion, die Dawidstad, te laat uitbring.

3. Al die manne van Israel het by die koning bymekaargekom op die feesdag in die sewende maand.

4. Nadat al die leiers van Israel gekom het, het die Leviete die ark opgetel

5. en die ark, die tent van ontmoeting en al die toebehore van die heiligdom wat in die tent was, gedra. Die Levitiese priesters het dit gedra.

6. Koning Salomo en die hele gemeente van Israel wat saam met hom voor die ark was, het soveel kleinvee en beeste geoffer dat dit nie getel of bereken kon word nie.

7. Toe het die priesters die verbondsark van die Here na sy plek toe gebring onder die vlerke van die gerubs in die binneste heiligdom van die tempel, dit is die Allerheiligste.

8. Die gerubs se vlerke was oopgesprei oor die staanplek van die ark. Hulle het die ark en sy draaghoute aan die bokant bedek.

9. Die draaghoute was so lank dat hulle punte by die ark verby gesteek het aan die voorkant van die binneste heiligdom, maar hulle kon nie van buite af gesien word nie. Hulle is vandag nog daar.

10. Daar was niks in die ark nie behalwe die twee plat klippe wat Moses by Horeb gemaak het toe die Here by die uittog van die Israeliete uit Egipte met hulle 'n verbond gesluit het.

11. Al die aanwesige priesters het hulle gereinig, ongeag hulle diensbeurte. Toe die priesters uit die heiligdom uitkom,

12. het die Levitiese sangers oos van die altaar reggestaan met simbale, harpe en liere. Hulle was almal daar: Asaf, Heman en Jedutun met hulle volgelinge en ampsgenote. Hulle het hulle linneklere aangehad, en by hulle was omtrent honderd en twintig priesters, trompetblasers.

13. Presies gelyk, soos een man, het die trompetblasers en die sangers die lof en dank aan die Here laat weerklink. Die klank van trompette, simbale, allerhande instrumente en die loflied ter ere van die Here het opgeklink: “Want Hy is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie.” Op daardie oomblik het 'n wolk die huis van die Here gevul.

14. Daarom kon die priesters nie vir diens aantree nie. Dit was die magtige teenwoordigheid van die Here wat die tempel van God gevul het.