hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66
  67. 67
  68. 68
  69. 69
  70. 70
  71. 71
  72. 72
  73. 73
  74. 74
  75. 75
  76. 76
  77. 77
  78. 78
  79. 79
  80. 80
  81. 81
  82. 82
  83. 83
  84. 84
  85. 85
  86. 86
  87. 87
  88. 88
  89. 89
  90. 90
  91. 91
  92. 92
  93. 93
  94. 94
  95. 95
  96. 96
  97. 97
  98. 98
  99. 99
  100. 100
  101. 101
  102. 102
  103. 103
  104. 104
  105. 105
  106. 106
  107. 107
  108. 108
  109. 109
  110. 110
  111. 111
  112. 112
  113. 113
  114. 114
  115. 115
  116. 116
  117. 117
  118. 118
  119. 119
  120. 120
  121. 121
  122. 122
  123. 123
  124. 124
  125. 125
  126. 126
  127. 127
  128. 128
  129. 129
  130. 130
  131. 131
  132. 132
  133. 133
  134. 134
  135. 135
  136. 136
  137. 137
  138. 138
  139. 139
  140. 140
  141. 141
  142. 142
  143. 143
  144. 144
  145. 145
  146. 146
  147. 147
  148. 148
  149. 149
  150. 150

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 39 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

Gebed in aanvegtinge.

1. VIR die musiekleier; vir Jedútun. ’n Psalm van Dawid.

2. Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is.

3. Ek was stom in stilte, ek het geswyg, ver van die goeie af; maar my smart is aangewakker.

4. My hart het warm geword in my binneste; ’n vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong:

5. Here, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is.

6. Kyk, U het my dae ’n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.

7. Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie.

8. En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U.

9. Red my van al my oortredinge; maak my nie ’n smaad van die dwaas nie.

10. Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie; want Ú het dit gedoen.

11. Neem u plaag van my weg; ek vergaan vanweë die bestryding van u hand.

12. Tugtig U die mens met strawwe oor die ongeregtigheid, dan laat U sy skoonheid vergaan soos deur ’n mot; ja, elke mens is ’n asemtog! Sela.

13. Hoor, Here, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is ’n vreemdeling by U, ’n bywoner soos al my vaders.

14. Wend u oog van my af, dat ek vrolik kan word voordat ek heengaan en daar nie meer is nie.