hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66
  67. 67
  68. 68
  69. 69
  70. 70
  71. 71
  72. 72
  73. 73
  74. 74
  75. 75
  76. 76
  77. 77
  78. 78
  79. 79
  80. 80
  81. 81
  82. 82
  83. 83
  84. 84
  85. 85
  86. 86
  87. 87
  88. 88
  89. 89
  90. 90
  91. 91
  92. 92
  93. 93
  94. 94
  95. 95
  96. 96
  97. 97
  98. 98
  99. 99
  100. 100
  101. 101
  102. 102
  103. 103
  104. 104
  105. 105
  106. 106
  107. 107
  108. 108
  109. 109
  110. 110
  111. 111
  112. 112
  113. 113
  114. 114
  115. 115
  116. 116
  117. 117
  118. 118
  119. 119
  120. 120
  121. 121
  122. 122
  123. 123
  124. 124
  125. 125
  126. 126
  127. 127
  128. 128
  129. 129
  130. 130
  131. 131
  132. 132
  133. 133
  134. 134
  135. 135
  136. 136
  137. 137
  138. 138
  139. 139
  140. 140
  141. 141
  142. 142
  143. 143
  144. 144
  145. 145
  146. 146
  147. 147
  148. 148
  149. 149
  150. 150

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 31 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

Klagte, gebed en dank.

1. VIR die musiekleier. ’n Psalm van Dawid.

2. By U, o Here, skuil ek; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur u geregtigheid.

3. Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my ’n rots om in te vlug, ’n baie vaste huis om my te verlos.

4. Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.

5. U sal my laat uitgaan uit die net wat hulle vir my gespan het, want U is my toevlug.

6. In u hand gee ek my gees oor; U het my verlos, Here, God van trou.

7. Ek haat die wat nietige afgode vereer, maar ék vertrou op die Here.

8. Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het

9. en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan.

10. Wees my genadig, Here, want ek is benoud; van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam.

11. Want my lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug; my krag struikel deur my ongeregtigheid, en my gebeente teer uit.

12. Vanweë al my teëstanders het ek ’n voorwerp van smaad geword, ja, grootliks vir my bure, en ’n voorwerp van skrik vir my bekendes; die wat my op straat sien, vlug weg van my af.

13. Ek is vergeet uit die hart, soos ’n dooie; ek het geword soos ’n ding wat lê en vergaan.

14. Want ek het die skindertaal van baie gehoor — skrik rondom! — terwyl hulle saam raad hou teen my; hulle is van plan om my lewe te neem.

15. Maar ék vertrou op U, o Here! Ek sê: U is my God.

16. My tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers.

17. Laat u aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur u goedertierenheid.

18. Here, laat my nie beskaamd staan nie, want ek roep U aan; laat die goddelose beskaamd staan, laat hulle verstom in die doderyk!

19. Laat die valse lippe stom word wat in trotsheid en veragting onbeskaamd spreek teen die regverdige.

20. o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!

21. U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; U steek hulle weg in ’n hut vir die twis van die tonge.

22. Geloofd sy die Here, want Hy het sy goedertierenheid aan my wonderbaar gemaak, in ’n vaste stad.

23. Ek tog het in my angs gesê: Ek het verdwyn, weg van u oë; nogtans het U die stem van my smekinge gehoor toe ek U aangeroep het om hulp.

24. Julle moet die Here liefhê, al sy gunsgenote! Die Here bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel.

25. Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die Here wag!