hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66
  67. 67
  68. 68
  69. 69
  70. 70
  71. 71
  72. 72
  73. 73
  74. 74
  75. 75
  76. 76
  77. 77
  78. 78
  79. 79
  80. 80
  81. 81
  82. 82
  83. 83
  84. 84
  85. 85
  86. 86
  87. 87
  88. 88
  89. 89
  90. 90
  91. 91
  92. 92
  93. 93
  94. 94
  95. 95
  96. 96
  97. 97
  98. 98
  99. 99
  100. 100
  101. 101
  102. 102
  103. 103
  104. 104
  105. 105
  106. 106
  107. 107
  108. 108
  109. 109
  110. 110
  111. 111
  112. 112
  113. 113
  114. 114
  115. 115
  116. 116
  117. 117
  118. 118
  119. 119
  120. 120
  121. 121
  122. 122
  123. 123
  124. 124
  125. 125
  126. 126
  127. 127
  128. 128
  129. 129
  130. 130
  131. 131
  132. 132
  133. 133
  134. 134
  135. 135
  136. 136
  137. 137
  138. 138
  139. 139
  140. 140
  141. 141
  142. 142
  143. 143
  144. 144
  145. 145
  146. 146
  147. 147
  148. 148
  149. 149
  150. 150

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 59 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

Hulp teenoor vermetele rowers.

1. VIR die musiekleier; op die wysie van: „Moenie verwoes nie.” Van Dawid. ’n Gedig, toe Saul gestuur het en hulle die huis laat bewaak het om hom dood te maak.

2. Red my van my vyande, o my God! Beskerm my teen my teëstanders!

3. Red my van die werkers van ongeregtigheid, en verlos my van die manne van bloed!

4. Want kyk, hulle lê en loer op my lewe; sterkes val my aan, sonder oortreding en sonder sonde van my kant, o Here!

5. Buiten my skuld hardloop hulle en maak hulle klaar. Ontwaak, my tegemoet, en kyk!

6. Ja U, Here, God van die leërskare, God van Israel, word wakker om oor al die heidene besoeking te doen; wees al die ongeregtige trouelose nie genadig nie! Sela.

7. Elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.

8. Kyk, hulle smaal met hul mond; swaarde is op hulle lippe, want — wie sou dit hoor?

9. Maar U, o Here, lag oor hulle; U spot met al die heidene.

10. My Sterkte, op U wil ek wag, want God is my rotsvesting.

11. My genadige God sal my tegemoetkom; God sal my op my vyande laat neersien.

12. Moet hulle nie ombring nie, sodat my volk dit nie vergeet nie: laat hulle rondswerwe deur u krag, en werp hulle neer, o Here, ons Skild!

13. Sonde van hulle mond is die woord van hulle lippe; laat hulle dan gevang word in hul trots, en vanweë die vloek en die leuen wat hulle vertel.

14. Vernietig hulle in grimmigheid, vernietig hulle, sodat hulle daar nie meer is nie; en laat hulle weet dat God heers in Jakob, tot by die eindes van die aarde! Sela.

15. En elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.

16. Húlle swerwe rond om voedsel te soek; as hulle nie versadig word nie, vertoef hulle die hele nag.

17. Maar ék sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was ’n rotsvesting vir my en ’n toevlug in die dag toe ek benoud was.

18. My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want God is my rotsvesting, my genadige God.