hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66
  67. 67
  68. 68
  69. 69
  70. 70
  71. 71
  72. 72
  73. 73
  74. 74
  75. 75
  76. 76
  77. 77
  78. 78
  79. 79
  80. 80
  81. 81
  82. 82
  83. 83
  84. 84
  85. 85
  86. 86
  87. 87
  88. 88
  89. 89
  90. 90
  91. 91
  92. 92
  93. 93
  94. 94
  95. 95
  96. 96
  97. 97
  98. 98
  99. 99
  100. 100
  101. 101
  102. 102
  103. 103
  104. 104
  105. 105
  106. 106
  107. 107
  108. 108
  109. 109
  110. 110
  111. 111
  112. 112
  113. 113
  114. 114
  115. 115
  116. 116
  117. 117
  118. 118
  119. 119
  120. 120
  121. 121
  122. 122
  123. 123
  124. 124
  125. 125
  126. 126
  127. 127
  128. 128
  129. 129
  130. 130
  131. 131
  132. 132
  133. 133
  134. 134
  135. 135
  136. 136
  137. 137
  138. 138
  139. 139
  140. 140
  141. 141
  142. 142
  143. 143
  144. 144
  145. 145
  146. 146
  147. 147
  148. 148
  149. 149
  150. 150

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 116 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

Danklied van ’n verloste.

1. EK het lief, want die Here hoor my stem, my smekinge,

2. want Hy het sy oor tot my geneig; daarom sal ek Hom in my dae aanroep.

3. Bande van die dood het my omring, en angste van die doderyk het my getref; ek het benoudheid en kommer gevind.

4. Maar ek het die Naam van die Here aangeroep: Ag, Here, red my siel.

5. Die Here is genadig en regverdig, en onse God is ’n ontfermer.

6. Die Here bewaar die eenvoudiges; ek het swak geword, maar Hy het my gehelp.

7. My siel, keer terug tot jou rus; want die Here het goed aan jou gedoen.

8. Want U het my siel gered van die dood, my oog van trane, my voet van struikeling.

9. Ek sal wandel voor die aangesig van die Here in die lande van die lewendes.

10. Ek het geglo toe ek gespreek het: Ék is diep neergebuig.

11. Ék het in my angs gesê: Alle mense is leuenaars.

12. Wat sal ek die Here vergeld vir al sy weldade aan my?

13. Ek sal die beker van verlossinge opneem en die Naam van die Here aanroep.

14. My geloftes sal ek aan die Here betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk.

15. Kosbaar is in die oë van die Here die dood van sy gunsgenote.

16. Ag, Here, sekerlik, ek is u kneg, ek is u kneg, die seun van u diensmaagd; U het my bande losgemaak.

17. Ek sal U ’n offer van danksegging bring en die Naam van die Here aanroep.

18. Ek sal my geloftes aan die Here betaal in die teenwoordigheid van sy ganse volk,

19. in die voorhowe van die huis van die Here, binne-in jou, o Jerusalem! Halleluja!