hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66
  67. 67
  68. 68
  69. 69
  70. 70
  71. 71
  72. 72
  73. 73
  74. 74
  75. 75
  76. 76
  77. 77
  78. 78
  79. 79
  80. 80
  81. 81
  82. 82
  83. 83
  84. 84
  85. 85
  86. 86
  87. 87
  88. 88
  89. 89
  90. 90
  91. 91
  92. 92
  93. 93
  94. 94
  95. 95
  96. 96
  97. 97
  98. 98
  99. 99
  100. 100
  101. 101
  102. 102
  103. 103
  104. 104
  105. 105
  106. 106
  107. 107
  108. 108
  109. 109
  110. 110
  111. 111
  112. 112
  113. 113
  114. 114
  115. 115
  116. 116
  117. 117
  118. 118
  119. 119
  120. 120
  121. 121
  122. 122
  123. 123
  124. 124
  125. 125
  126. 126
  127. 127
  128. 128
  129. 129
  130. 130
  131. 131
  132. 132
  133. 133
  134. 134
  135. 135
  136. 136
  137. 137
  138. 138
  139. 139
  140. 140
  141. 141
  142. 142
  143. 143
  144. 144
  145. 145
  146. 146
  147. 147
  148. 148
  149. 149
  150. 150

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 35 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

Dawid bid God om die goddelose mense te straf.

1. ’n PSALM van Dawid. Here, twis met die wat met my twis; bestry die wat my bestry!

2. Gryp die klein skild en die grote, en staan op as my hulp!

3. En trek die spies uit en stuit my vervolgers! Spreek tot my siel: Ek is jou heil!

4. Laat hulle wat my lewe soek, beskaamd staan en in die skande kom; laat hulle wat my ongeluk beraam, agteruitwyk en rooi van skaamte word!

5. Laat hulle word soos kaf voor die wind, terwyl die Engel van die Here hulle wegstoot.

6. Laat hulle weg duister en glibberig wees, terwyl die Engel van die Here hulle vervolg!

7. Want hulle het sonder oorsaak die kuil met hul net vir my verberg, hulle het sonder oorsaak gegrawe teen my lewe.

8. Laat verwoesting oor hom kom sonder dat hy dit weet, en laat sy net hom vang wat hy gespan het; laat hom daarin val met verwoesting!

9. Maar my siel sal juig in die Here, dit sal bly wees in sy heil.

10. Al my beendere sal sê: Here, wie is soos U? U wat die ellendige red van die wat sterker is as hy; ja, die ellendige en behoeftige van sy berower!

11. Kwaadwillige getuies staan op; wat ek nie weet nie, vra hulle vir my.

12. Hulle vergeld my kwaad vir goed: verlatenheid vir my siel.

13. En ek — toe hulle siek was, het ek ’n roukleed gedra; ek het my siel gekwel met vas, en my gebed het teruggekeer in my boesem.

14. Ek het rondgegaan asof dit ’n vriend, asof dit ’n broer van my was; ek het gebuk gegaan in die rou soos een wat oor sy moeder treur.

15. Maar as ek struikel, is hulle bly en kom bymekaar; hulle vergader teen my, lae mense en die wat ek nie ken nie; hulle laster sonder ophou.

16. Onder die roekeloosste tafelspotters kners hulle met hul tande teen my.

17. Here, hoe lank sal U dit aansien? Bring my siel terug van hulle verwoestinge, my enigste van die jong leeus af.

18. Ek sal U loof in ’n groot vergadering; onder ’n groot skare sal ek U prys.

19. Laat hulle oor my nie bly wees wat sonder grond my vyande is nie; laat die wat my sonder oorsaak haat, nie met die oë knip nie!

20. Want hulle spreek nie van vrede nie, maar hulle bedink bedrieglike woorde teen die stilles in die land.

21. En hulle maak hul mond wyd oop teen my, hulle sê: Ha, ha, ons oog het dit gesien!

22. Here, U het dit gesien, swyg nie. Here, wees nie ver van my af nie!

23. Ontwaak en word wakker vir my reg; my God en Here, vir my regsaak.

24. Doen aan my reg na u geregtigheid, Here my God, en laat hulle oor my nie bly wees nie!

25. Laat hulle in hul hart nie sê: Ha, ons begeerte! Laat hulle nie sê: Ons het hom verslind nie!

26. Laat hulle wat bly is oor my ongeluk, beskaamd staan en saam rooi van skaamte word; laat hulle wat hul teen my groot maak, met skaamte en skande beklee word!

27. Laat húlle jubel en bly wees wat ’n behae het in my geregtigheid; en laat hulle altyddeur sê: Groot is die Here wat ’n welbehae het in die vrede van sy kneg!

28. En my tong sal u geregtigheid prys, u lof die hele dag deur.