hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66
  67. 67
  68. 68
  69. 69
  70. 70
  71. 71
  72. 72
  73. 73
  74. 74
  75. 75
  76. 76
  77. 77
  78. 78
  79. 79
  80. 80
  81. 81
  82. 82
  83. 83
  84. 84
  85. 85
  86. 86
  87. 87
  88. 88
  89. 89
  90. 90
  91. 91
  92. 92
  93. 93
  94. 94
  95. 95
  96. 96
  97. 97
  98. 98
  99. 99
  100. 100
  101. 101
  102. 102
  103. 103
  104. 104
  105. 105
  106. 106
  107. 107
  108. 108
  109. 109
  110. 110
  111. 111
  112. 112
  113. 113
  114. 114
  115. 115
  116. 116
  117. 117
  118. 118
  119. 119
  120. 120
  121. 121
  122. 122
  123. 123
  124. 124
  125. 125
  126. 126
  127. 127
  128. 128
  129. 129
  130. 130
  131. 131
  132. 132
  133. 133
  134. 134
  135. 135
  136. 136
  137. 137
  138. 138
  139. 139
  140. 140
  141. 141
  142. 142
  143. 143
  144. 144
  145. 145
  146. 146
  147. 147
  148. 148
  149. 149
  150. 150

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 145 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

Lofpsalm op die grootheid en goedheid van God.

1. ’n LOFLIED van Dawid. Alef. o My God, o Koning, ek wil U verhoog en u Naam loof vir ewig en altyd.

2. Bet. Elke dag wil ek U loof en u Naam prys vir ewig en altyd.

3. Gimel. Die Here is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik.

4. Dalet. Die een geslag prys u werke by die ander, en hulle verkondig u magtige dade.

5. He. Ek wil spreek van die glans van u heerlike majesteit en van u wonderbare dade.

6. Wau. En hulle sal spreek van die krag van u vreeslike dade, en u grootheid wil ek vertel.

7. Sajin. Hulle sal die gedagtenis van u grote goedheid laat uitstroom en jubel oor u geregtigheid.

8. Get. Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en groot van goedertierenheid.

9. Tet. Die Here is vir almal goed, en sy barmhartighede is oor al sy werke.

10. Jod. Al u werke loof U, o Here, en u gunsgenote prys U.

11. Kaf. Hulle maak melding van die heerlikheid van u koninkryk en spreek van u mag,

12. Lamed. om aan die mensekinders sy magtige dade bekend te maak en die glansryke heerlikheid van sy koninkryk.

13. Mem. U koninkryk is ’n koninkryk van alle eeue, en u heerskappy duur deur al die geslagte.

14. Samek. Die Here ondersteun almal wat val, en Hy rig almal op wat neergeboë is.

15. Ajin. Die oë van almal wag op U, en U gee hulle hul spys op die regte tyd.

16. Pe. U maak u hand oop en versadig alles wat lewe met welbehae.

17. Sade. Die Here is regverdig in al sy weë en goedgunstig in al sy werke.

18. Kof. Die Here is naby almal wat Hom aanroep, almal wat Hom aanroep in waarheid.

19. Resj. Hy vervul die wens van die wat Hom vrees, en Hy hoor hul hulpgeroep en verlos hulle.

20. Sjin. Die Here bewaar almal wat Hom liefhet, maar Hy verdelg al die goddelose.

21. Tau. My mond sal die lof van die Here uitspreek, en laat alle vlees sy heilige Naam loof vir ewig en altyd.