hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66
  67. 67
  68. 68
  69. 69
  70. 70
  71. 71
  72. 72
  73. 73
  74. 74
  75. 75
  76. 76
  77. 77
  78. 78
  79. 79
  80. 80
  81. 81
  82. 82
  83. 83
  84. 84
  85. 85
  86. 86
  87. 87
  88. 88
  89. 89
  90. 90
  91. 91
  92. 92
  93. 93
  94. 94
  95. 95
  96. 96
  97. 97
  98. 98
  99. 99
  100. 100
  101. 101
  102. 102
  103. 103
  104. 104
  105. 105
  106. 106
  107. 107
  108. 108
  109. 109
  110. 110
  111. 111
  112. 112
  113. 113
  114. 114
  115. 115
  116. 116
  117. 117
  118. 118
  119. 119
  120. 120
  121. 121
  122. 122
  123. 123
  124. 124
  125. 125
  126. 126
  127. 127
  128. 128
  129. 129
  130. 130
  131. 131
  132. 132
  133. 133
  134. 134
  135. 135
  136. 136
  137. 137
  138. 138
  139. 139
  140. 140
  141. 141
  142. 142
  143. 143
  144. 144
  145. 145
  146. 146
  147. 147
  148. 148
  149. 149
  150. 150

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 81 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

’n Feeslied en klaagsang.

1. VIR die musiekleier; op die Gittiet. ’n Psalm van Asaf.

2. Jubel tot eer van God, ons sterkte! Juig tot eer van die God van Jakob!

3. Hef aan ’n lied en laat die tamboeryn klink, die lieflike siter saam met die harp.

4. Blaas die basuin op nuwemaan, op volmaan vir ons feesdag.

5. Want dit is ’n insetting vir Israel, ’n verordening van die God van Jakob.

6. Hy het dit ingestel as getuienis in Josef toe Hy uitgetrek het teen Egipteland. ’n Taal wat ek nie geken het nie, het ek gehoor:

7. Ek het sy skouer bevry van die las, sy hande het die mandjie gelos.

8. In die nood het jy geroep, en Ek het jou uitgered; Ek het jou geantwoord in die skuilplek van die donder; Ek het jou getoets by die waters van Mériba. Sela.

9. Hoor, my volk, en Ek wil jou dit inskerp; Israel, as jy tog na My wou luister!

10. Daar mag by jou geen vreemde god wees nie, en voor ’n uitlandse god mag jy jou nie neerbuig nie.

11. Ek is die Here jou God wat jou laat optrek het uit Egipteland; maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul.

12. Maar my volk het na my stem nie geluister nie, en Israel was vir My nie gewillig nie.

13. Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel.

14. Ag, as my volk maar na My wou luister, Israel in my weë wou wandel!

15. Gou sou Ek hul vyande onderwerp en my hand teen hul teëstanders uitstrek.

16. Die haters van die Here sou kruipende na Hom toe kom; maar húlle tyd sou vir ewig wees.

17. Ja, Hy sou hulle voed met die beste van die koring; en met heuning uit die rots sou Ek jou versadig.