hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34
  35. 35
  36. 36
  37. 37
  38. 38
  39. 39
  40. 40
  41. 41
  42. 42
  43. 43
  44. 44
  45. 45
  46. 46
  47. 47
  48. 48
  49. 49
  50. 50
  51. 51
  52. 52
  53. 53
  54. 54
  55. 55
  56. 56
  57. 57
  58. 58
  59. 59
  60. 60
  61. 61
  62. 62
  63. 63
  64. 64
  65. 65
  66. 66
  67. 67
  68. 68
  69. 69
  70. 70
  71. 71
  72. 72
  73. 73
  74. 74
  75. 75
  76. 76
  77. 77
  78. 78
  79. 79
  80. 80
  81. 81
  82. 82
  83. 83
  84. 84
  85. 85
  86. 86
  87. 87
  88. 88
  89. 89
  90. 90
  91. 91
  92. 92
  93. 93
  94. 94
  95. 95
  96. 96
  97. 97
  98. 98
  99. 99
  100. 100
  101. 101
  102. 102
  103. 103
  104. 104
  105. 105
  106. 106
  107. 107
  108. 108
  109. 109
  110. 110
  111. 111
  112. 112
  113. 113
  114. 114
  115. 115
  116. 116
  117. 117
  118. 118
  119. 119
  120. 120
  121. 121
  122. 122
  123. 123
  124. 124
  125. 125
  126. 126
  127. 127
  128. 128
  129. 129
  130. 130
  131. 131
  132. 132
  133. 133
  134. 134
  135. 135
  136. 136
  137. 137
  138. 138
  139. 139
  140. 140
  141. 141
  142. 142
  143. 143
  144. 144
  145. 145
  146. 146
  147. 147
  148. 148
  149. 149
  150. 150

Ou Testament

Nuwe Testament

Psalms 22 Afrikaans 1933-1953 (AFR53)

My God, waarom het U my verlaat?

1. VIR die musiekleier; op die wysie van: „Die hert van die dageraad.” ’n Psalm van Dawid.

2. My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?

3. My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.

4. Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!

5. Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.

6. Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.

7. Maar ek is ’n wurm en geen man nie, ’n smaad van die mense en verag deur die volk.

8. Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê:

9. Laat dit aan die Here oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!

10. Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors.

11. Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.

12. Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.

13. Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring.

14. Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos ’n leeu wat verskeur en brul.

15. Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande.

16. My krag is verdroog soos ’n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.

17. Want honde het my omsingel; ’n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.

18. Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!

19. Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.

20. Maar U, Here, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!

21. Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.

22. Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!

23. Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.

24. Julle wat die Here vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!

25. Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.

26. Van U kom my lof in ’n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.

27. Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die Here prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!

28. Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die Here bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.

29. Want die koninkryk behoort aan die Here, en Hy heers oor die nasies.

30. Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.

31. ’n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die Here aan die volgende geslag.

32. Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen.