hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34

Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 3 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Daarna het ons weggedraai en op die pad na Bashan opgetrek en `Og, die koning van Bashan, het teen ons uitgekom, hy en al sy mense, om by Edre’i te veg.

2. יהוה het vir my gesê: “Moenie vir hom bang wees nie, want Ek het hom, al sy mense en sy land in jou hand gegee. Jy sal met hom doen soos jy gedoen het met Sigon, die koning van die Emoriete, wat in Heshbon gebly het.”

3. So het יהוה, ons God, ook vir `Og, die koning van Bashan en al sy mense in ons hand oorgegee sodat ons hom verslaan het totdat daar van hom geen oorlewendes oor was nie.

4. Ons het in dié tyd al sy stede ingeneem; daar was geen stad wat ons nie van hulle afgeneem het nie: sestig stede, die hele Argov landstreek, die koninkryk van `Og, in Bashan.

5. Al hierdie stede was versterk met hoë mure, poorte en grendels en nog ’n groot menigte ongemuurde dorpies.

6. Ons het hulle volledig vernietig soos ons met Sigon, die koning van Heshbon, gedoen het, deur elke man, vrou en kind in elke stad geheel en al te vernietig

7. en al die vee en die buit van die stede het ons vir onsself gebuit.

8. So het ons in dié tyd die land uit die hand van die twee konings van die Emoriete oorkant die Yarden gevat, vanaf die Arnonrivier tot by die berg Hermon,

9. (die Tzidoniete noem Hermon, Siryon en die Emoriete noem dit S’nir,)

10. al die stede van die vlakte, die hele Gil’ad, die hele Bashan tot by Salkhah en Edre’i, stede van die koninkryk van `Og, in Bashan.

11. (Net `Og, die koning van Bashan, het alleen oorgebly van die reuse. Let op, sy bedkatel was ’n ysterbedkatel. Is dit nie in Rabbah van die seuns van `Ammon nie? Sy lengte is nege el en sy breedte vier el, volgens die el van ’n man.)

12. Ons het besit geneem van hierdie land, in dié tyd: vanaf `Aro’er, by die Arnonvallei en die helfte van die bergland van Gil’ad met sy stede, wat ek aan die Re’uveniete en die Gadiete gegee het.

13. Die res van Gil’ad saam met die hele Bashan, die koninkryk van `Og, het ek vir die halwe stam van Ma’nasheh gegee. Die hele Argov landstreek, met die hele Bashan, word die land van die reuse genoem.

14. Ya’ir, die seun van M’nasheh, het die hele Argov landstreek tot by die grens van die G’shuriete en die Ma’akhatiete gevat en Bashan, na sy eie naam, Havot-Ya’ir, genoem tot vandag toe.

15. Ek het Gil’ad vir Makhir gegee

16. en aan die Re’uveniete en die Gadiete het ek van Gil’ad af tot by die Arnonvallei gegee, met die middel van die vallei as grens, tot by die Yabbokrivier, die grens van die seuns van `Ammon,

17. asook die vlakte, met die Yarden as grens, van Kinneret af tot by die See van die vlakte, die Soutsee, by die voet van die hange van Pisgah, in die ooste.

18. Toe het ek julle bevel gegee in daardie tyd en gesê: ‘יהוה, julle God, het aan julle hierdie land gegee, om dit in besit te neem; al die manne wat kan oorlog maak moet gewapend voor jul broers, die seuns van Yisra’el, oortrek,

19. maar julle vroue, julle kinders en julle vee; ek weet dat julle baie vee het; moet in julle stede bly, wat ek vir julle gegee het

20. totdat יהוה aan julle broers rus gegee het, soos aan julle en hulle ook die land besit wat יהוה, julle God, aan hulle oorkant die Yarden gee; dan kan elkeen van julle teruggaan na sy besitting wat ek vir julle gegee het.’

21. Ek het ook vir Y’hoshua in dié tyd beveel en gesê: ‘Jou oë het alles gesien wat יהוה, julle God, aan hierdie twee konings gedoen het. So sal יהוה aan al die koninkryke doen waardeur jy trek.

22. Julle moenie vir hulle bang wees nie, want יהוה, julle God, baklei self vir julle.’

23. Ek het in dié tyd tot יהוה gebid en gesê:

24. ‘O, Meester, יהוה, U het begin om aan U dienskneg U grootheid en U magtige hand te wys, want watter god is daar in die hemele en op die aarde wat werke en magtige dade soos U s’n kan doen?

25. Ek bid, laat my asseblief oortrek en die mooi land sien, wat oorkant die Yarden lê, daardie goeie bergland en L’vanon,’

26. maar יהוה was kwaad vir my, as gevolg van julle en wou nie na my luister nie. יהוה het vir my gesê: ‘Genoeg! Moenie verder met My oor hierdie saak praat nie.

27. Klim op na die top van Pisgah en slaan jou oë op na die weste, na die noorde, na die suide en na die ooste en neem dit waar met jou oë, want jy sal nie oor hierdie Yarden gaan nie,

28. maar stel Y’hoshua aan, bemoedig en versterk hom, want hy sal voor hierdie volk uit deurtrek en hy sal hulle die land wat jy sal sien, as erfenis gee.

29. So het ons gebly in die vallei oorkant Beit-P’or.