hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34

Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Onderhou die maand Aviv en hou die Pesag tot יהוה, jou God, want in die maand Aviv het יהוה, jou God, jou in die nag uit Mitzrayim uitgebring.

2. Jy moet die Pesag tot יהוה, jou God, offer; van die kleinvee en die beeste, op die plek wat יהוה sal kies om Sy Naam (Karakter en Outoriteit) te vestig.

3. Jy mag niks met suurdeeg daarby eet nie. Sewe dae lank moet jy ongesuurde brode saam eet, die brood van onderdrukking, want jy het haastig uit die land van Mitzrayim uitgetrek sodat jy die dag van jou uittog uit die land van Mitzrayim al die dae van jou lewe kan onthou.

4. Daar mag geen suurdeeg vir sewe dae lank in jou hele grondgebied gesien word nie en niks van die vleis wat jy die eerste dag teen sonsonder slag, mag tot die oggend toe oorbly nie.

5. Jy mag nie die Pesag in enige van jou dorpe wat יהוה, jou God, aan jou gee, slag nie,

6. maar op die plek waar יהוה, jou God, sal kies om Sy Naam (Karakter en Outoriteit) te vestig, moet jy die Pesag slag, in die aand teen sononder, op die aangestelde tyd toe jy uit Mitzrayim uitgekom het.2 Kro 30:15-20

7. Jy moet dit gaarmaak en eet op die plek wat יהוה, jou God, sal kies en in die oggend moet jy omdraai en na jou tente toe gaan.

8. Ses dae lank moet jy ongesuurde brode eet en op die sewende dag is daar ’n ernstige byeenkoms tot יהוה, jou God; dan mag jy geen werk doen nie.Hand 2:1

9. Jy moet vir jouself sewe weke tel; vandat die sekel die eerste keer in die ongesnyde graan geslaan word, moet jy sewe weke tel.

10. Dan moet jy die Fees van Weke hou vir יהוה, jou God, met ’n deel van die vrywillige offer van jou hand wat jy sal gee namate יהוה, jou God, jou sal seën.

11. Jy sal jou verheug voor יהוה, jou God, jy, jou seun, jou dogter, jou slaaf, jou slavin, die Leviet wat in jou poorte is, die besoeker, die wees en die weduwee wat by jou is, op die plek wat יהוה, jou God, sal kies om Sy Naam (Karakter en Outoriteit) te bevestig.

12. Jy moet onthou dat jy ’n slaaf in Mitzrayim was en jy moet daarop let om hierdie reëls te hou.Yog 7:2

13. Jy sal die Fees van Hutte sewe dae lank hou nadat jy van jou dorsvloer en jou wynpers ingevorder het.

14. Jy moet jou verheug in jou fees, jy, jou seun, jou dogter, jou slaaf, jou slavin, die Leviet, die besoeker, die wees en die weduwee wat in jou poorte is.

15. Sewe dae lank moet jy tot יהוה, jou God, fees hou op die plek wat יהוה sal kies, want יהוה, jou God, sal jou seën in al jou opbrengs en in al die werk van jou hande sodat jy ten volle vreugdevol sal wees.Yog 5:1

16. Drie maal per jaar moet al jou manne voor die Teenwoordigheid van יהוה, jou God, verskyn op die plek wat Hy sal kies; op die Fees van Ongesuurde Brode, op die Fees van Weke en op die Fees van Hutte en hulle mag nie met leë hande voor die Teenwoordigheid van יהוה verskyn nie.

17. Elkeen sal gee soos hy in staat is, volgens die seën van יהוה, jou God, wat Hy jou gegee het.

18. Jy moet regters en amptenare aanstel in al jou dorpe wat יהוה, jou God, jou gee volgens jou stamme en hulle moet die volk oordeel volgens ’n regverdige oordeel.

19. Jy mag die reg nie verdraai nie; jy mag nie partydig wees of enige omkoopgeskenk aanvaar nie, want die omkoopgeskenk verblind die oë van die wyse en verdraai die woorde van die regverdige.

20. Jy moet onpartydige opregtheid navolg sodat jy kan lewe en die land in besit neem wat יהוה, jou God, jou gee.Yeg 43:8; 2 Kon 18:4

21. Jy mag vir jou geen ‘boomstam vir aanbidding’ (Asherah) van enige soort boom plant langs die altaar van יהוה, jou God, wat jy vir jou sal maak nie.

22. Jy mag nie vir jou ’n afgesonderde pilaar, wat יהוה, jou God, haat, oprig nie.