hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34

Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Nou sal dit wees, as jy יהוה, jou God, ywerig gehoorsaam, deur versigtig te wees om al Sy opdragte, wat ek jou vandag beveel, te doen, יהוה, jou God, jou sal oplig bo al die nasies van die aarde.

2. Al hierdie seëninge sal oor jou kom en jou oorweldig as jy יהוה, jou God, gehoorsaam:

3. Geseënd sal jy wees in die stad en geseënd sal jy wees in die platteland.

4. Geseënd sal die nakomeling van jou liggaam, die vrugte van jou grond en die nakomeling van jou vee, die vermeerdering van jou beeste en die lammers van jou kleinvee wees.

5. Geseënd sal jou mandjie en jou knieskottel wees.

6. Geseënd sal jy wees as jy inkom en geseënd sal jy wees as jy uitgaan.

7. יהוה sal gee dat jou vyande wat teen jou opstaan, voor jou verslaan word; op een pad sal hulle teen jou uittrek en op sewe paaie voor jou wegvlug.Ps 1:3

8. יהוה sal die seën oor jou in jou skure en in alles waar jy jou hand aan slaan beveel en Hy sal jou seën in die land wat יהוה, jou God, jou gee.

9. יהוה sal jou oprig as ’n afgesonderde volk vir Homself soos Hy vir jou gesweer het, as jy die opdragte van יהוה, jou God, hou en in sy paaie loop.Y’ho 2:9-11; Yes 1:17

10. So sal al die volke van die aarde sien dat jy genoem word volgens die Naam (Karakter en Outoriteit) van יהוה en hulle sal vir jou bang wees.

11. יהוה sal jou oorvloedig maak in voorspoed; in die nakomeling van jou liggaam, in die nakomeling van jou vee en in die lewering van jou grond, in die land wat יהוה aan jou vaders met ’n eed beloof het om vir jou te gee.Ps 1:3 en jy sal aan baie nasies uitleen, maar jy sal nie leen nie.Yes 65:22

12. יהוה sal Sy goeie stoorkamer, die hemele, vir jou oopmaak om reën te gee vir jou land in sy seisoen en om al die werk van jou hand te seën

13. יהוה sal jou die kop maak en nie die stert nie, jy sal net bo wees en nie onder nie, as jy luister na die opdragte van יהוה, jou God, wat ek jou vandag beveel, om dit versigtig na te komSpr 10:30

14. en nie regs of links afdraai van enige van die woorde wat ek julle vandag beveel, om agter ander gode aan te gaan, om hulle te dien nie.

15. Dit sal egter gebeur as jy יהוה, jou God, nie gehoorsaam nie, nie al Sy opdragte hou en Sy reëls doen, wat ek jou vandag beveel nie, al hierdie vloeke oor jou sal kom en jou oorweldig:

16. vervloek sal jy wees in die stad en vervloek sal jy wees in die platteland.

17. Vervloek sal wees jou mandjie en jou knieskottel.

18. Vervloek sal wees die nakomeling van jou liggaam en die lewering van jou grond, die vermeerdering van jou beeste en die kleintjies van jou kleinvee.

19. Vervloek sal jy wees as jy inkom en vervloek sal jy wees as jy uitgaan.

20. יהוה sal vloeke, verwarring en bestraffings oor jou stuur in alles wat jy onderneem om te doen totdat jy vernietig is en totdat jy gou tot niet gaan vanweë die boosheid van jou dade omdat jy My verlaat het.

21. יהוה sal maak dat die pes aan jou vasklou totdat Hy jou verteer het uit die land waarheen jy gaan, om dit te besit.

22. יהוה sal jou swaar tref met wegvretende siekte, koors, inflammasie, ontsteking, met die swaard, plantsiektes en ryp en hulle sal jou agtervolg totdat jy omkom.

23. Die hemel wat oor jou kop is, sal koper wees en die aarde wat onder jou is, yster.

24. יהוה sal die reën van jou land poeier en stof maak; van die hemel sal dit op jou afkom totdat jy vernietig is.

25. יהוה sal maak dat jy voor jou vyande verslaan word; op een pad sal jy teen hom uittrek en op sewe paaie sal jy voor hom uitvlug en jy sal ’n voorbeeld van angs wees vir al die koninkryke van die aarde.

26. Jou lyke sal kos wees vir al die voëls van die hemel en vir die diere van die aarde en daar sal niemand wees om hulle af te skrik nie.

27. יהוה sal jou slaan met die swere van Mitzrayim en met gewasse, skurfte en jeuk waarvan jy nie kan gesond word nie.

28. יהוה sal jou slaan met kranksinnigheid, blindheid en verstandsverwarring

29. en jy sal op die middag rondtas soos die blinde in die donker rondtas en jou paaie sal nie voorspoedig wees nie, maar jy sal altyddeur net onderdruk en beroof wees, met niemand om jou te red nie.Spr 10:30

30. Jy sal aan ’n vrou verloof raak, maar ’n ander man sal haar onteer. Jy sal ’n huis bou, maar jy sal nie daarin woon nie. Jy sal ’n wingerd plant, maar nie sy vrugte gebruik nie.

31. Jou bees sal voor jou oë geslag word, maar jy sal nie daarvan eet nie; jou donkie sal van jou weggeskeur word en nie aan jou terugbesorg word nie; jou kleinvee sal aan jou vyande gegee word en daar sal niemand wees om jou te red nie.

32. Jou seuns en jou dogters sal aan ’n ander volk gegee word terwyl jou oë toekyk en voortdurend na hulle verlang, maar daar sal niks wees wat jy kan doen nie.

33. ’n Volk wat jy nie ken nie, sal die lewering van jou grond en al jou werk opeet en jy sal nooit iets anders wees as onderdruk en gebreek nie

34. sodat jy verblind sal word deur die gesig wat jou oë sal sien.

35. יהוה sal jou aan die knieë en aan die bene tref met seer swere waarvan jy nie gesond kan word nie, van jou voetsool af tot by die kroon van jou kop.

36. יהוה sal jou en jou koning wat jy oor jou aanstel, na ’n nasie laat gaan wat jy en jou vaders nie geken het nie en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien.

37. Jy sal ’n verskrikking, ’n spreekwoord en ’n spot wees onder al die volke waarheen יהוה jou sal dryf.

38. Jy sal baie saad uitvat na die land toe, maar jy sal min inbring, want die sprinkaan sal dit opeet.

39. Jy sal wingerde plant en bewerk, maar jy sal nie van die wyn drink of van die druiwe inbring nie, want die wurm sal dit opeet.

40. Jy sal olyfbome hê in jou hele grondgebied, maar jy sal jou nie met olie salf nie, want jou olywe sal afval.

41. Jy sal seuns en dogters hê, maar hulle sal nie joune wees nie, want hulle sal in gevangeskap gaan.

42. Die sprinkaan sal al jou bome en die lewering van jou land besit.

43. Die vreemdeling wat by jou is, sal hoër en hoër bo jou opstyg en jy sal laer en laer afsak.

44. Hy sal aan jou leen, maar jy sal nie aan hom leen nie; hy sal die kop wees en jy sal die stert wees.

45. So sal al hierdie vloeke oor jou kom, jou agtervolg en jou oorweldig totdat jy vernietig is omdat jy יהוה, jou God, nie wou gehoorsaam deur Sy opdragte en Sy reëls na te kom wat Hy jou beveel het nie.

46. Hulle sal ’n teken en ’n wonder op jou en jou nageslag word vir ewig.Rom 1:21

47. Omdat jy יהוה, jou God, nie met vreugde en oorweldigende blydskap van verstand, wil en emosie gedien het, vir die oorvloed van alles nie,Rom 1:24

48. sal jy daarom jou vyand, wat יהוה teen jou sal stuur, dien in honger, in dors, in naaktheid en in gebrek aan alles en hy sal ’n yster juk op jou nek sit totdat hy jou vernietig het.

49. יהוה sal ’n nasie teen jou bring van ver af, van die einde van die aarde af, soos ’n arend wat afduik, ’n nasie wie se taal jy nie sal verstaan nie,

50. ’n nasie van harde gelaatstrekke, wat geen respek het vir die oues en geen guns wys aan die jonges nie.

51. Meer nog, hulle sal die nakomeling van jou vee en die lewering van jou grond opeet totdat jy vernietig is; wat vir jou geen graan, geen nuwe wyn, geen olie, of die vermeerdering van jou beeste of kleintjies van jou kleinvee sal los totdat hulle jou tot niet gemaak het nie.

52. Dit sal jou beleër in al jou dorpe totdat jou hoë en versterkte mure, waarop jy in jou hele land vertrou het, val en dit sal jou beleër in al jou dorpe in jou hele land wat יהוה, jou God jou gegee het.

53. Dan sal jy die nakomeling van jou eie liggaam eet, die vlees van jou seuns en jou dogters wat יהוה, jou God, vir jou gegee het, tydens die beleëring en in die benoudheid, waarmee jou vyand jou sal onderdruk.

54. Die verfynde en delikate man by jou sal vyandig wees teenoor sy broer en die vrou wat hy koester en teenoor sy orige kinders wat oorbly

55. sodat hy aan nie een van hulle iets sal gee van die vlees van sy kinders wat hy sal eet nie omdat hy niks anders oor het tydens die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in al jou dorpe sal onderdruk nie.

56. Die verfynde en delikate vrou by jou, wat van verfyndheid en delikaatheid nooit sal waag om haar voetsool op die grond neer te sit nie, sal vyandig wees teenoor haar man wat sy koester en teenoor haar seun en dogter

57. en teenoor haar nageboorte wat tussen haar bene uitgaan en haar kinders waaraan sy geboorte sal gee, want sy sal dit stilletjies eet by gebrek aan enige iets anders tydens die beleëring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou in jou dorpe sal onderdruk.

58. As jy nie versigtig is om al die woorde van hierdie wet, wat in hierdie boek geskryf is, te hou nie, om hierdie vereerde en ontsagwekkende Naam, יהוה, jou God, respekvol te vrees nie,

59. dan sal יהוה bonatuurlike plae oor jou en oor jou nageslag bring, selfs groot en aanhoudende plae, ellendige en kroniese siektes,

60. Hy sal al die kwale van Mitzrayim weer terugbring op jou, waarvoor jy bang was en hulle sal aan jou vasklou;

61. asook elke siekte en elke plaag, wat nie in die boek van hierdie wet geskryf is nie, sal יהוה op jou bring totdat jy vernietig is.

62. Dan sal julle min in getal oorbly, alhoewel julle soveel soos die sterre van die hemel, was omdat jy יהוה, jou God, nie gehoorsaam het nie.

63. Dit sal wees dat net soos יהוה oor julle bly was om julle voorspoedig te maak en julle te vermenigvuldig, so sal יהוה oor julle bly wees om julle tot niet te maak en julle te vernietig en julle sal uitgeskeur word uit die land waarheen jy gaan, om dit te besit.Yir 16:13

64. Meer nog, יהוה sal jou verstrooi onder al die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde en daar sal jy ander gode, hout en klip, dien, wat jy en jou vaders nie geken het nie.

65. Onder dié nasies sal jy geen rus vind nie en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie, maar יהוה sal jou daar ’n bewende verstand, wil en emosie gee, oë wat faal en ’n wanhopige gees.

66. So sal jou lewe in twyfel voor jou hang en jy sal nag en dag in angs wees en geen versekering vir jou lewe hê nie.

67. In die oggend sal jy sê: ‘As dit maar aand was’ en in die aand sal jy sê: ‘As dit maar oggend was! vanweë die angs van jou verstand, wil en emosie, wat jou beangs maak en vanweë dit wat jou oë sal sien.

68. יהוה sal jou op skepe na Mitzrayim terugbring, op die pad waarvan ek vir jou gesê het: ‘Jy sal dit nooit weer sien nie’ en daar sal julle julleself aan jul vyande as slawe en slavinne verkoop, maar daar sal geen koper wees nie.