hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34

Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wanneer ’n man ’n vrou vat en met haar trou en dit gebeur dat sy geen guns in sy oë vind nie omdat hy iets skandeliks aan haar gevind het en hy skryf vir haar ’n skeibrief, dit in haar hand gee, haar uit sy huis wegstuur,

2. sy sy huis verlaat en weggaan en ’n ander s’n word

3. en as dié laaste man teen haar draai en vir haar ’n skeibrief skryf en dit in haar hand gee en haar uit sy huis uit wegstuur, of as dié laaste man sterf wat haar vir hom as vrou gevat het,

4. dan word die eerste man wat haar weggestuur het, nie toegelaat om haar weer te vat om sy vrou te wees nie, aangesien sy onrein geword het, want dit is verwerplik voor יהוה en jy mag nie sonde bring op die land wat יהוה, jou God, jou as erfenis gee nie.

5. Wanneer ’n man ’n nuwe vrou gevat het, mag hy nie saam met die leërmag uittrek of enige diens op hom gelê word nie; een jaar lank moet hy vry wees, by sy huis en geluk en vreugde aan sy vrou, wat hy gevat het, gee.

6. Niemand mag die handmeul of die boonste maalklip as pand neem nie, want hy sou ’n lewe vat as pand.1 Kor 5:13

7. As iemand gevang word wat ’n persoon uit sy landgenote, uit die seuns van Yisra’el, ontvoer, hom geweldadig behandel of hom verkoop, dan moet dié dief sterf. So moet jy die boosheid uit jou midde uitroei.

8. Wees versigtig dat jy noukeurig handel volgens alles wat die Levitiese priesters julle leer aangaande ’n infeksie van melaatsheid; soos ek hulle beveel het, so moet julle dit versigtig doen.

9. Onthou wat יהוה, jou God, op die pad, toe julle uit Mitzrayim uitgekom het, aan Miryam gedoen het.

10. Wanneer jy aan jou naaste enigiets leen, mag jy nie in sy huis ingaan om sy pand te gaan haal nie.

11. Jy moet buite bly staan en die man aan wie jy die lening maak, moet die pand uitbring na jou toe.

12. As hy ’n arm man is, moet jy nie met sy pand gaan slaap nie.

13. Wanneer die son ondergaan moet jy beslis die pand aan hom teruggee sodat hy in sy kleed kan slaap en jou seën en dit sal onpartydige opregtheid vir jou wees voor יהוה, jou God.

14. Jy mag nie ’n gehuurde dienskneg onderdruk wat arm en behoeftig is nie, of hy een van jou landgenote of een van jou vreemdelinge, wat in jou land of in jou dorpe is, is nie.

15. Jy moet hom sy loon gee op die dag self, voordat die son ondergaan, want hy is arm en sy begeerte is daarna sodat hy nie teen jou tot יהוה roep en dit sonde in jou word nie.2 Kon 14:6; Yir 31:30; Yeg 18:20 elkeen moet vir sy eie sonde doodgemaak word.

16. Vaders mag nie vir die seuns doodgemaak word en seuns mag nie vir die vaders doodgemaak word nie;

17. Jy mag nie die reg wat ’n vreemdeling en die wees toekom verdraai nie en ook nie die kledingstuk van ’n weduwee as pand neem nie,

18. maar jy moet onthou dat jy ’n slaaf was in Mitzrayim en dat יהוה, jou God, jou daaruit losgekoop het; daarom beveel ek jou om hierdie ding te doen.

19. Wanneer jy jou oes op jou land insamel en ’n gerf op die land vergeet, mag jy nie teruggaan om dit te gaan haal nie; dit sal wees vir die vreemdeling, die wees en die weduwee sodat יהוה, jou God, jou kan seën in al die werk van jou hande.

20. Wanneer jy jou olyfbome afslaan, moet jy nie weer oor die takke gaan nie; dit sal wees vir die vreemdeling, die wees en die weduwee.

21. Wanneer jy die druiwe bymekaarmaak uit jou wingerd, moet jy nie weer daaroor gaan nie; dit sal wees vir die vreemdeling, die wees en die weduwee.

22. Jy moet onthou dat jy ’n slaaf was in die land van Mitzrayim; daarom beveel ek jou om hierdie ding te doen.