hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34

Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 30 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. So sal dit wees as al hierdie dinge oor jou gekom het, die seën en die vloek, wat ek jou voorgehou het en jy hulle onthou onder al die nasies waarheen יהוה, jou God, jou verban het

2. en jy terugdraai na יהוה, jou God en Hom gehoorsaam met jou hele verstand, wil en emosie en jou gees, volgens alles wat ek jou vandag beveel, jy en jou seuns,

3. dan sal יהוה, jou God, jou herstel uit gevangeskap en vir jou omgee en jou weer bymekaarmaak uit al die volke waarheen יהוה, jou God, jou verstrooi het.

4. As jou verstrooides aan die einde van die aarde is, van daar sal יהוה, jou God, jou bymekaarmaak en van daar sal Hy jou terugbring.

5. יהוה, jou God, sal jou bring in die land wat jou vaders besit het en jy sal dit besit en Hy sal jou voorspoedig maak en jou vermenigvuldig meer as jou vaders.Yir 4:4; Kol 2:11 om יהוה, jou God, lief te hê met jou hele verstand, wil en emosie en met jou hele gees sodat jy kan lewe.Mar 12:30,33; Luk 10:27

6. Meer nog, יהוה, jou God, sal jou verstand, wil en emosie besny en die verstand, wil en emosie van jou nageslag,

7. יהוה, jou God, sal al hierdie vloeke op jou vyande laat kom, hulle wat jou haat en jou vervolg.

8. Jy sal יהוה weer gehoorsaam en al Sy opdragte uitvoer wat ek jou vandag beveel.

9. Dan sal יהוה, jou God, jou oorvloediglik voorspoedig maak in al die werk van jou hand, in die nakomeling van jou liggaam, in die nakomeling van jou vee en in die lewering van jou grond, want יהוה sal weer ten goede oor jou bly wees soos Hy bly was oor jou vaders,

10. as jy gehoorsaam is aan יהוה, jou God, om al Sy opdragte en reëls na te kom wat in hierdie boek van die wet geskryf is; as jy na יהוה, jou God, toe draai met jou hele verstand, wil en emosie en met jou hele gees,Rom 10:8; 1 Yog 5:3

11. want hierdie opdrag wat ek jou vandag beveel, is nie vir jou te swaar nie en is nie buite bereik nie.

12. Dit is nie in die hemel sodat jy moet sê: ‘Wie sal vir ons na die hemel toe opgaan en dit vir ons gaan kry en ons dit laat hoor sodat ons dit kan doen?’ nie.

13. Dit is ook nie oorkant die see sodat jy moet sê: ‘Wie sal vir ons na die oorkant van die see gaan en dit vir ons gaan kry en ons dit laat hoor sodat ons dit kan doen?’ nie,Rom 10:6-8

14. maar die woord is baie naby aan jou, in jou mond en in jou verstand sodat jy dit kan doen.

15. Let op, ek het jou vandag die lewe en voorspoed en die dood en moeilikheid, voorgehou;

16. deurdat ek jou vandag beveel om יהוה, jou God, lief te hê, in Sy paaie te loop, Sy opdragte, reëls en wette te doen sodat jy kan lewe en vermenigvuldig en יהוה, jou God, jou mag seën in die land waarheen jy gaan om dit te besit,

17. maar as jou verstand, wil en emosie wegdraai en jy wil nie gehoorsaam nie, maar word weggetrek en aanbid ander gode en dien hulle,

18. dan verkondig ek vandag aan julle dat julle sekerlik sal omkom. Julle sal nie jul dae verleng in die land waarheen jul oor die Yarden trek, om dit te besit nie.

19. Ek roep die hemel en die aarde vandag as getuies teen julle; dat ek lewe en dood voor julle geplaas het, die seën en die vloek. Kies dus die lewe sodat jy kan lewe, jy en jou nageslag,

20. deur יהוה, jou God, lief te hê, deur Sy stem te gehoorsaam en aan Hom vas te hou, want dit is jou lewe en die lengte van jou dae sodat jy kan woon in die land wat יהוה aan jou vaders Avraham, Yitz’gak en Ya’akov met ’n eed beloof het om dit aan hulle te gee.”