hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24
  25. 25
  26. 26
  27. 27
  28. 28
  29. 29
  30. 30
  31. 31
  32. 32
  33. 33
  34. 34

Ou Testament

Nuwe Testament

Deuteronomium 4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Luister nou, Yisra’el, na die reëls en die wette wat ek julle leer om te doen sodat julle mag lewe en ingaan en die land wat יהוה, die God van julle vaders, aan julle gee, in besit neem.Mat 5:17-19

2. Julle mag by die boodskap wat ek julle beveel, niks byvoeg nie en ook niks wegvat nie, om die opdragte van יהוה, julle God, te onderhou, wat ek julle beveel.

3. Julle oë het gesien wat יהוה in die geval van Ba’al-P’or gedoen het, want יהוה, jou God, het al die manne wat agter Ba’al-P’or aangeloop het, onder julle uit vernietig,

4. maar julle wat aan יהוה, julle God, vasgehou het, lewe vandag nog almal.

5. Let op, ek het vir julle reëls en wette geleer, net soos יהוה, my God, my beveel het, vir julle om so te doen in die land waarheen julle gaan, om dit te besit.

6. Bewaar en doen hulle, want dit is julle wysheid en julle begrip voor die oë van die mense wat al hierdie reëls sal hoor en sê: “Waarlik, hierdie groot nasie is ’n wyse en begripvolle volk,’

7. want watter groot nasie is daar wie se god so naby aan hulle is soos יהוה, ons God, aan ons is, wanneer ons ook al na Hom roep?

8. Watter groot nasie is daar wat sulke reëls en regverdige wette het soos hierdie hele wet wat ek vandag voor julle hou?

9. Nogtans, let op na jouself en hou jou lewe ywerig sodat jy die dinge nie vergeet wat jou oë gesien het nie en dat hulle nie uit jou verstand weggaan al die dae van jou lewe nie en maak hulle bekend aan jou kinders en jou kleinkinders.

10. Onthou die dag toe jy voor יהוה, jou God, by Horev gestaan het en יהוה vir my gesê het: ‘Vergader die volk by My sodat Ek hulle My boodskappe kan laat hoor sodat hulle kan leer om My respekvol te vrees al die dae wat hulle op die aarde lewe en hulle hul kinders kan leer.’

11. Julle het nader gekom en by die voet van die berg gaan staan en die berg het met vuur gebrand tot in die middel van die hemele, met duisternis, wolke en dik somberheid

12. en יהוה het met julle vanuit die middel van die vuur gepraat; julle het die klank van die woorde gehoor, maar geen vorm gesien nie, net ’n Stem.

13. Hy het vir julle Sy verbond aangekondig, wat Hy julle beveel het om te doen, dit is, die tien opdragte en dit op twee kliptafels geskryf.

14. יהוה het my in daardie tyd beveel om vir julle reëls en wette te leer sodat julle dit kan doen in die land waarin julle oortrek, om dit te besit.

15. Pas jouself versigtig op, want julle het géén vorm gesien op die dag dat יהוה by Horev vanuit die vuur met julle gepraat het nie

16. sodat julle nie korrup optree en vir julle ’n gekerfde beeld maak in die vorm van enige afbeelding, man of vrou,

17. die afbeelding van enige dier op die aarde, of die afbeelding van enige voël wat in die lug vlieg,

18. ’n afbeelding van enigiets wat op die aarde kruip, ’n afbeelding van enige vis wat in die water onder die aarde is, nie

19. en pas op dat jy nie jou oë na die hemele opslaan en as jy die son, die maan, die sterre en die hele leër van die hemel sien, jy nie weggedryf word en voor hulle neerbuig en hulle dien nie, dinge wat יהוה, jou God, aan al die mense onder die ganse hemele toegedeel het.

20. יהוה het julle gevat en julle uitgehaal uit die yster-smeltoond, uit Mitzrayim, om ’n volk te wees, as Sy eie besitting, soos dit vandag is.

21. Nou, יהוה was kwaad vir my, as gevolg van julle en Hy het gesweer dat ek nie oor die Yarden sal gaan en nie sal kom in die goeie land wat יהוה, julle God, jul as erfenis gee nie,

22. want ek sal in hierdie land sterf, ek sal nie oor die Yarden gaan nie, maar julle sal oorgaan en hierdie goeie land in besit neem.

23. Pas julleself op sodat julle die verbond van יהוה, julle God, wat Hy met julle gesluit het, nie vergeet nie en vir julle ’n gekerfde beeld maak in die vorm van enigiets wat יהוה, jou God, jou verbied het,Heb 12:29 ’n jaloerse God.

24. want יהוה, jou God, is ’n verterende vuur,

25. Wanneer jy die vader word van kinders en kleinkinders en julle lank in die land bly en korrup optree en julle ’n afgod maak in die vorm van enigiets en enige iets gedoen het wat boos is in die oë van יהוה, jou God, om Hom kwaad te maak,

26. dan roep ek die hemele en die aarde vandag as getuies teen julle dat julle sekerlik gou vernietig sal word uit die land, waarheen julle oor die Yarden trek, om dit in besit te neem. Julle sal nie lank daarop lewe nie, maar sal vernietig word tot uitwissing.

27. יהוה sal julle onder die volke verstrooi en ’n klein klompie van julle sal onder die nasies oorbly waarheen יהוה julle sal uitdryf

28. en daar sal julle gode dien, die werk van mensehande, hout en klip, wat nie sien, hoor, eet of ruik nie.Yir 29:13; 1 Kro 28:9

29. Van daar af sal jy יהוה, jou God, soek en jy sal Hom vind as jy Hom met jou hele wil, emosie en verstand en jou hele gees en lewe soek.

30. Wanneer jy in nood is en al hierdie dinge oor jou kom, sal jy aan die einde van die dae na יהוה, jou God, terugkeer en na Sy stem luister,Deut 31:6; Heb 13:5 jou nie vernietig nie en Hy sal die verbond met jou vaders, wat Hy aan hulle gesweer het, nie vergeet nie.

31. want יהוה, jou God, is ’n Magtige God wat omgee; Hy sal jou nie in die steek laat,

32. Inderdaad, doen nou navraag oor die vroeëre dae wat voor jou was, van die dag af dat God die mens op die aarde geskep het en vra van die een einde van die hemele tot by die ander, of iets so groots gebeur het of iets soortgelyks gehoor is.

33. Het enige volk ooit die stem van God vanuit vuur hoor praat, soos jy gehoor het en bly lewe?

34. Of het ’n god ooit probeer om vir hom ’n nasie uit ’n ander nasie te gaan vat deur toetsinge, tekens, wonders, deur oorlog, deur ’n magtige hand en ’n uitgestrekte arm en deur groot verskrikkinge, soos wat יהוה, julle God, vir julle, voor julle oë, in Mitzrayim gedoen het?

35. Dit is vir jou gewys sodat jy kan weet dat יהוה God is; daar is geen ander buiten Hom nie.

36. Uit die hemele het Hy jou Sy stem laat hoor om jou te onderrig en op die aarde het Hy jou Sy groot vuur laat sien en jy het Sy boodskappe vanuit die vuur gehoor

37. en omdat Hy julle vaders liefgehad het, het Hy hulle saad na hulle gekies en Hy Persoonlik het julle met Sy magtige krag uit Mitzrayim uitgebring,

38. om nasies groter en magtiger as jyself voor jou uit te verdryf, jou in te bring en hulle land aan jou as erfenis te gee, soos dit vandag is.

39. Weet daarom vandag en neem dit ter harte: יהוה, Hy is God, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie.

40. Jy sal daarom Sy reëls en Sy wette hou, wat ek jou vandag beveel sodat dit met jou en jou kinders ná jou goed mag gaan en dat jy lank mag leef in die land wat יהוה, jou God, vir jou gee, vir alle tye.”

41. Toe het Moshe drie stede afgesonder aan die oostekant van die Yarden

42. sodat hy wat manslag begaan het, daarheen kon vlug, wat sy naaste sonder opset doodgeslaan het terwyl hy in vroeëre tye nie teenoor hom vyandig was nie sodat hy na een van hierdie stede kan vlug en bly lewe.

43. Betzer, in die wildernis, op die plato, vir die Re’uveniete; Ramot in Gil’ad vir die Gadiete en Golan in Bashan vir die M’nashiete.

44. Nou hierdie is die wet wat Moshe voor die seuns van Yisra’el gehou het.

45. Hierdie is die getuienisse, die reëls en die wette wat Moshe vir die seuns van Yisra’el meegedeel het na hulle uittog uit Mitzrayim,

46. oorkant die Yarden, in die vallei oorkant Beit-P’or, in die land van Sigon, die koning van die Emoriete, wat in Heshbon gebly het, wat deur Moshe en die seuns van Yisra’el verslaan is, toe hulle uit Mitzrayim gekom het

47. en hulle het sy land in besit geneem en die land van `Og, die koning van Bashan; die twee konings van die Emoriete, wat oorkant die Yarden was, aan die oostekant;

48. van `Aro’er af, wat op die kant van die Arnonvallei lê, tot by die berg Siryon, dit is Hermon

49. en die hele vlakte oos van die Yarden, na die ooste, tot by die See van die Vlakte (Arabah), aan die voet van die hange van Pisgah.