hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16

Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Elke gees moet aan die hoër outoriteite gehoorsaam wees, want daar is geen outoriteit as dit nie vanaf God is nie en daardie selfde outoriteit, wat van God is, is onder bevel.

2. Wie ook al teenoor die outoriteite staan, staan daarom teenoor die opdragte van God en die wat dit teëstaan, sal hulle oordeel ontvang,

3. want die regters hou geen vrees in vir hulle wat goed doen nie, maar vir die bose. As jy nie bang wil wees vir die outoriteit nie, doen wat goed is en jy sal lof van hom af ontvang,

4. want hy is die uitvoerder van God vir jou ten goede, maar as jy doen wat boos is, wees dan bang, want hy dra nie verniet die swaard nie, want hy is ’n uitvoerder van God, ’n vergelder van die woede, om die een wat boosheid doen, te straf.

5. As gevolg hiervan is dit noodsaaklik vir ons om gehoorsaam te wees, nie alleen ter wille van die wraak nie, maar ter wille van die gewete,Yir 29:7; 1 Kef 2:13

6. want daarom betaal julle ook belasting, want hulle is uitvoerders van God wat vir hierdie dinge aangestel is.Mat 22:20

7. Beloon daarom elke persoon soos wat aan hom verskuldig is: belasting aan die waaraan belasting verskuldig is, invoerbelasting aan die waaraan invoerbelasting verskuldig is; respek aan dié wat respek toekom, eer aan dié wat eer toekom.

8. Moenie iemand enige iets skuld nie, behalwe om mekaar lief te hê, want hy wat ’n ander liefhet, het die wet volledig gemaak.Eks 20:13-14; Lev 19:18 ‘Jy moet jou medemens liefhê soos jouself.’Mat 22:39

9. Want dít: jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie begeer nie en watter ander opdrag ook al, word in hierdie boodskap volledig gemaak:

10. Liefde doen nie kwaad aan sy medemens nie, want liefde is die vervolmaking van die geskrewe wet.Efe 5:14 want ons Lewe het nou nader aan ons gekom as toe ons aanvanklik vertrou het.

11. Weet ook dit: weet watter tyd dit is en watter uur dit is, om van nou af wakker te wees uit ons slaap,

12. Die nag het van nou af verbygegaan en die dag het aangebreek. Laat ons daarom die dade van die duisternis van ons af afwerp en die wapens van die lig aantrek.

13. Laat ons op die regte manier leef, soos mense in die dag, nie in partytjies, dronkenskap, seksuele immoraliteit, bakleiery en jaloesie nie,

14. maar trek ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, aan en moenie konsentreer op die begeertes van die vlees nie.