hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16

Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wat sê ons daarom van wat Avraham, hoof van die vaders, deur die vlees verkry het?

2. As Avraham vanuit die dade onskuldig verklaar is, het hy iets om op te roem, maar nie in die Teenwoordigheid van God nie,Gen 15:6

3. want wat sê die Skrifte? ‘Avraham het God vertrou en dít is hom tot onpartydige opregtheid gereken,

4. maar aan hom wat werk, word die beloning nie na onverdiende guns bereken nie, maar na verdienste;

5. aan hom egter wat nie werk nie, maar slegs vertrou in die Een wat die sondaar onskuldig verklaar, word sy vertroue vir hom tot onpartydige opregtheid gereken.

6. Soos Dawid ook die mens, vir wie God as onpartydig opreg bereken sonder eie dade, gelukkig ag as hy sê:

7. “Geseënd is hulle wie se oortredings van die wet verwyder is en wie se sondes toegedek is.Ps 32:1-2

8. Geseënd is die man vir wie God die sonde nie bereken nie.”

9. Hierdie seën dan, is dit op die besnedenes of ook op die onbesnedenes? Want ons sê: ‘Deur Avraham se vertroue is hy onpartydig opreg gereken.’

10. Hoe is dit dan bereken? Toe hy besnede of onbesnede was? Nie as besnedene nie, maar as onbesnedene.

11. Hy het die teken van die besnydenis ontvang as ’n seël van sy onpartydige opregtheid deur vertroue, toe hy nog nie besny was nie sodat hy die vader kon wees van almal wat vertrou terwyl hulle onbesnede is sodat dit ook vir hulle as onpartydige opregtheid gereken kon word

12. en net so ook is hy ’n vader van dié besnedenes wat nie alleen fisies besny is nie, maar ook loop in die voetspore van vertroue van ons vader Avraham, toe hy nog onbesnede was,Gen 15:3-5 deur die geskrewe wet verkry nie, maar deur die onpartydige opregtheid wat uit vertroue kom,

13. want die belofte dat hy erfgenaam van die wêreld sou wees, het nie Avraham, of sy nageslag,

14. want as hulle erfgename is vanuit die geskrewe wet, dan het vertroue geen doel nie en is die belofte gekanselleer,

15. want die geskrewe wet bring straf, maar waar geen geskrewe wet is nie, is daar ook geen oortreding van die geskrewe wet nie.

16. As gevolg hiervan sal iemand deur vertroue, wat uit onverdiende guns is, onskuldig verklaar word en sal die belofte seker wees vir al sy saad; nie alleen vir dié wat uit die geskrewe wet is nie, maar ook vir dié wat uit die vertroue van Avraham is, die vader van ons almal.Gen 17:5 Dit ís hy voor God omdat hy vertrou het dat Hy die Een is wat lewe gee aan dit wat dood is en hulle wat nie is nie, roep asof hulle is.”

17. Net soos geskrywe is: “Ek het jou as ’n vader van baie nasies aangestel.”Gen 15:5

18. Hy het verby enige hoop vertrou dat hy vader sou word van baie nasies volgens wat gesê is: “Soveel sal jou nageslag wees.”

19. Al was hy omtrent honderd jaar oud, het sy vertroue nie verswak, toe hy na sy eie liggaam, wat alreeds dood was en na die dooie toestand van die baarmoeder van Sarah, gekyk het nie.

20. Hy het nie asof vanuit ’n gebrek aan vertroue aan die belofte van God getwyfel nie, maar hy is versterk in vertroue en het aan God die lofprysing gegee

21. en bevestig dat God die vermoë het om te doen wat Hy hom beloof het.Gen 15:6

22. As gevolg hiervan is dit vir hom bereken tot onpartydige opregtheid,

23. maar dit is nie alleen om sy ontwil geskrywe dat sy vertroue vir hom bereken is tot onpartydige opregtheid nie,

24. maar ook om ons ontwil vir wie dit bereken sal word; vir hulle wat vertrou in Hom wat ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, uit die dood uit opgewek het;

25. Hy wat oorgelewer is ter wille van ons sondes en opgestaan het om ons onskuldig te verklaar.