hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16

Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 15 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ons wat sterk is, is dit verskuldig om die swakhede van die wat nie sterk is nie te dra en nie onsself tevrede te stel nie,

2. want elkeen van ons moet ons medemens tevrede stel in dit wat goed is tot opbouing,Ps 69:10

3. want ook Die Gesalfde Een het Homself nie tevrede gestel nie, maar net soos geskrywe is: “Die verwyte van die wat U beledig, het op My geval.”

4. Alles wat van die ou tyd af geskryf is, is geskryf vir ons tot lering sodat ons deur volhardende geduld en vertroosting vanuit die Skrifte ’n versekerde verwagting kan hê.

5. Mag die God van volhardende geduld en vertroosting gee dat julle mekaar met gelykheid ag in Yeshua Die Gesalfde Een

6. sodat julle God, die Vader van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, met een gedagte en uit een mond kan eer, loof en aanbid.

7. As gevolg hiervan moet julle mekaar aanvaar en verdra, net soos Die Gesalfde Een julle ook aanvaar het tot die eer, lof en aanbidding van God.

8. Ek sê dat Yeshua, Die Gesalfde Een, ’n Dienaar geword het van die besnydenis ter wille van die waarheid van God, om so die belofte aan die vaders te bevestig.2 Sh'm 22:50; Ps 18:50

9. Die ander nasies sal ter wille van Sy onverdiende guns God kan eer, loof en aanbid, soos geskrywe is: “Ek sal U loof saam met die ander nasies en tot U Outoriteit en Karakter lofprysing sing.”Deut 32:43

10. Ook sê dit: “Verbly julle, nasies, saam met Sy volk.”Ps 117:1

11. Ook sê dit: “Loof יהוה, alle nasies en prys Hom, alle volke.”Yes 11:10

12. Yesha’yahu sê ook: “Daar sal ’n Wortel van Yishai kom, wat opstaan om oor die nasies te heers en in Hom sal die nasies ’n versekerde verwagting hê.”

13. Die God van versekerde verwagting sal julle vol maak met alle blydskap, vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid deur die vertroue sodat julle oorvloedig kan wees in Sy versekerde verwagting deur die krag van die Gees van Afsondering!

14. Ek is ook, my broers, oortuig van julle, dat julle self ook vol is van wat goed is en vol van alle kennis, in staat om ook ander te leer.

15. Ek het egter ’n bietjie vrymoediglik aan julle geskryf, my broers, om julle te herinner, volgens die onverdiende guns wat aan my gegee is deur God

16. dat ek ’n dienaar van Yeshua, Die Gesalfde Een, onder die ander nasies kan wees en ek kan werk vir die goeie boodskap van God sodat die offer van die ander nasies miskien aanvaar kan word en afgesonder word deur die Gees van Afsondering.

17. Dit is daarom vir my ’n trots in Yeshua, Die Gesalfde Een, tot God,

18. want ek waag nie om enige iets, anders as wat Die Gesalfde Een deur my gedoen het ten aanhore van die ander nasies, deur boodskap en daad,

19. deur die krag van tekens en wonderwerke en deur die krag van die Gees van God, te sê nie, om só die verkondiging van die goeie boodskap van Die Gesalfde Een te voltooi van Yerushalayim af tot by Illurikon

20. terwyl ek daarop konsentreer om nie die goeie boodskap te verkondig waar Die Gesalfde Een se Karakter en Outoriteit (Naam) reeds uitgeroep is nie, om so nie op ’n vreemde fondament te bou nie,Yes 52:15

21. maar net soos geskrywe is: “Hulle aan wie Hy nie verkondig is nie, sal Hom sien en hulle wat nie gehoor het nie, sal oortuig wees.”

22. Ek is ook baie keer verhinder om na julle toe te kom,

23. maar nou dat ek geen plek meer het in hierdie streke nie en al baie jare die begeerte het om na julle toe te kom,

24. hoop ek om na julle toe te kom en julle te sien wanneer ek na Spania gaan en wanneer ’n paar van julle my daarheen sal vergesel, sal ek verheug wees om julle te sien.

25. Nou gaan ek egter na Yerushalayim om die afgesonderdes te bedien,

26. want dié wat in Makedonia en Agaia is het dit goedgedink om te deel met die armes onder die afgesonderdes in Yerushalayim.

27. Hulle was gewillig omdat hulle dit ook aan hulle verskuldig is, want as hulle, in die geestelike, deelgenote gemaak is met die ander nasies, is hulle ook verskuldig om hulle met die fisiese te dien.

28. Wanneer ek dit dus afgehandel het en vir hulle hierdie vrug oorgegee het, sal ek by julle verbygaan Spania toe.

29. Ek weet dat wanneer ek na julle toe kom, ek met die volle seën van die goeie boodskap van Die Gesalfde Een sal kom,

30. maar ek versoek julle, my broers, in ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een en in die liefde van die Gees, om saam met my, vir my, in gebed by God te stry

31. sodat ek verlos mag word van die ongehoorsame mense in Y’hudah en sodat my bediening aan die afgesonderdes wat in Yerushalayim is, goed ontvang sal word

32. en ek na julle toe sal kom met blydskap, in die wil van God en saam met julle verkwik word.

33. Die God van vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid bly by julle almal! Dit is waar!