hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16

Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Asof julle nie weet nie, my broers, want ek praat met díé wat die geskrewe wet verstaan, dat die geskrewe wet outoriteit het oor die mens so lank as wat hy lewe;

2. net soos die getroude vrou in die geskrewe wet aan haar meester gebonde bly solank hy leef, maar as die man dood is, is sy deur die geskrewe wet losgemaak van haar man.

3. As sy weggaan vir ’n ander man terwyl haar meester leef, sal sy vir hom ’n egbreekster wees, maar as haar meester sou sterf, is sy vry van die geskrewe wet sodat sy nie ’n egbreekster is as sy ’n ander man s’n word nie.

4. Nou, my broers, is julle ook dood vir die geskrewe wet, deur die liggaam van Die Gesalfde Een, om aan ’n ander te mag behoort, naamlik aan Hom wat uit die dood uit opgestaan het sodat julle vir God vrugte kan dra,Deut 27, 28

5. want toe ons in die ou natuur was, het die siektes van die sonde wat deur die geskrewe wet kom, ywerig in ons lede gewerk om vir die dood vrugte te dra,

6. maar nou is ons vrygespreek van dié geskrewe wet en het ons dit wat ons beheer afgesterf sodat ons van nou af slawe is van wat nuut is uit die Gees en nie van die oue wat uit die geskrewe letter is nie.Eks 20:17; Deut 5:21

7. Wat sal ons daarom sê? Is die geskrewe wet sonde? ’n Verwerplike gedagte! Ek sou nie weet wat is sonde anders as deur die wet nie, want ek sou ook nie begeerte geken het as die wet nie gesê het: “Jy mag nie begeer nie.”

8. Die sonde het die geleentheid aangegryp deur die voorskrifte en in my allerhande begeertes gewerk, want sonder die wet was die sonde dood.

9. Aan die begin was ek lewend sonder die geskrewe wet, maar toe die opdragte kom, het die sonde geleef en ek het gesterf

10. en die opdragte tot lewe, was vir my tot die dood,

11. want die sonde het die geleentheid aangegryp deur my te mislei deur die opdragte en my daardeur gedood.Yes 42:21

12. Die geskrewe wet is daarom afgesonderd en die opdragte is afgesonderd, regverdig en goed.

13. Het dit wat goed is daarom vir my tot die dood geword? ’n Verwerplike gedagte! Dit is egter sodat sonde as sonde gewys kan word deur die goeie, wat deur my dood vervolmaak is en sonde des te meer veroordeel kon word deur die opdragte,

14. want ons weet dat die geskrewe wet vanuit die gees is, maar ek is vanuit die vlees verkoop aan die sonde,

15. want wat ek doen, verstaan ek nie en dit is ook nie enige iets wat ek gekies het nie, maar dit wat ek gehaat het, dit het ek gedoen.Ps 19:8,9

16. As ek enige iets doen wat ek nie wil nie, dan getuig ek dat die geskrewe wet goed is,

17. maar dat dit nie nou ek is wat dit doen nie, maar die sonde wat in my bly,

18. want ek weet dat in my, dit is in my vlees, die goeie nie bly nie, want dit is maklik vir my om bly te wees oor die goeie, maar ek kan dit nie doen nie,

19. want die goeie wat ek gekies het om te doen, het ek nie gedoen nie, maar die bose wat ek nie wou doen nie, dit het ek gedoen.

20. As ek enige iets doen wat ek nie wou nie, dan was dit nie ek wat dit gedoen het nie, maar die sonde wat in my bly.

21. Ek vind dus ’n wet, wat met my gewete saamstem, wat kies om die goeie te doen omdat die bose naby my is,

22. want ek verheug my in die wet van God vanuit die innerlike mens,

23. maar ek sien ’n ander wet in my lede wat oorlog maak teen die wet van my gewete en my gevange hou aan die wet van die sonde wat in my lede is.

24. Ek is ’n ellendige mens! Wie sal my red uit hierdie liggaam van die dood?

25. Ek dank God: deur ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een! Ek is daarom nou met my gewete ’n slaaf van God se wet, maar in my vlees ’n slaaf van die wet van die sonde.