hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16

Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Ek praat die waarheid in eenheid met Die Gesalfde Een en ek lieg nie; my gewete getuig vir my in eenheid met die Gees van Afsondering

2. dat dit vir my ’n groot droefheid is en ’n onophoudelike smart vir my denke, wil en emosie,

3. want ek het gebid dat ekself, ter wille van my broers, my bloedverwante na die vlees, vernietig sou word, weg van Die Gesalfde Een af.Eks 4:22 die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van God,Eks 13:21; Eks 40:36-38; Yeg 1:28 die verbond,Gen 17; Eks 19-24; Yir 31:30 die geskrewe wet, die dienswerk daarin,Eks 25-27; Heb 8:6 die beloftes2 Kor 1:20

4. Hulle wat Yisra’el is, het ontvang: die plasing tot kinders,Luk 1:26-35 Hy wat God oor alles is, tot Wie lofprysing en seën is vir ’n tydlose ewigheid! Dit is waar.

5. en die vaders en vanuit hulle het Die Gesalfde Een in die vlees verskyn,

6. Dit is nie asof die boodskap van God gefaal het nie, want nie almal wat vanuit Yisra’el is, is Yisra’el nie.Gen 21:12 sal hulle jou nageslag genoem word.”Ps 105:6

7. Ook nie omdat hulle almal Avraham se nageslag is, is hulle kinders nie, want dit is gesê: “in Yitz’gak

8. Dit is: nie díe wat kinders van die vlees is, is kinders van God nie, maar die kinders van die belofte word gereken as nageslag,Gen 18:14

9. want dit is die boodskap van die belofte: “Op die bepaalde tyd sal Ek kom en Sarah sal ’n seun hê.”

10. Nie alleen dit nie, maar ook met Rivkah wat swanger was, deur een daad met ons vader Yitz’gak,

11. voordat haar kinders gebore is en nog nie enige goed of kwaad gedoen het nie, is die keuse van God openbaar sodat dit kon staan, nie vanuit dade nie, maar vanuit Hom wat roep,Gen 25:23

12. is gesê: “Die oudste sal ’n slaaf wees van die jongste.”Mal 1:2-3

13. Net soos geskrywe is: “Ya’akov het Ek liefgehad en `Esav het Ek gehaat.”Deut 32:4; Ps 92:16 ’n Verwerplike gedagte!

14. Wat sal ons daarom hieroor sê? Dat daar boosheid is by God?Eks 33:19

15. Let op, ook vir Moshe sê Hy: “Ek sal liefde wys vir wie ook al Ek lief is en My ontferming wys oor wie ook al Ek my ontferm.”

16. Gevolglik hang dit nie af van die een wat wil of deur die een wat hardloop nie, maar van God wat Omgee is,Eks 9:16; Eks 14:4

17. want Hy sê in die Skrif vir Farao: “Om hierdie rede het Ek jou laat opstaan sodat Ek in jou My krag kan wys en sodat My Karakter en Outoriteit (Naam) bekend gemaak kan word op die hele aarde.”

18. So wys Hy dan Sy omgee oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.

19. Sonder twyfel sal jy sê: “Waarom vind Hy fout, want wie is dit wat teen Sy wil staan?”Yes 29:16; Yes 45:9

20. Wie is jy daarom o mens, wat vir God ’n antwoord teruggee? Sê die een wat gevorm is aan die Een wat hom gevorm het: “Waarom het U my op dié manier gevorm?”

21. Of het die pottebakker nie outoriteit oor die klei, om uit dieselfde bol die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?

22. As God Sy woede wou wys en Sy mag bekend maak, het Hy baie geduld getoon in woede teen houers van woede wat volmaak gemaak is vir die vernietiging

23. en Sy liefde loop oor op die voorwerpe van omgee wat voorberei is vir Sy Gemanifesteerde Teenwoordigheid,

24. vir ons wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die ander nasies.Hos 2:25

25. Net soos dit ook in Hoshea sê: “Ek sal die wat nie My volk was nie: ‘My volk’ noem en vir wie nie liefde gegee is nie: ‘jy wat Ek liefhet’Hos 2:1

26. en in die plek waar hulle nie ‘My volk’ genoem is nie, daar sal hulle genoem word ‘kinders van die lewende God’.”

27. Yesha’yahu het teen die kinders van Yisra’el verkondig: “Al is die getal van die seuns van Yisra’el soos die sand van die see, net ’n oorblyfsel sal gered word.Yes 10:22-23

28. Hy het dit kortgeknip en afgesny en יהוה sal dit doen op die aarde.” (wat Hy bepaal en besluit het, sal Hy doen op die aarde).Yes 1:9

29. Soos Yesha’yahu vroeër gesê het: “As יהוה-Tzva’ot nie vir ons ’n oorblyfsel oorgelos het nie, sou ons geword het soos S’dom en wees net soos `Amorra.”

30. Wat sal ons daarom sê? Die ander nasies, wat die onpartydige opregtheid nie nagejaag het om dit te verkry nie, het die onpartydige opregtheid ontvang, dié onpartydige opregtheid wat vanuit vertroue is,

31. maar Yisra’el, wat agter die geskrewe wet van onpartydige opregtheid aangehardloop het, het nie die wet van onpartydige opregtheid verkry nie.Yes 8:14

32. Om watter rede? Omdat dit nie vanuit vertroue was nie, maar vanuit die dade van die geskrewe wet dat hulle gestruikel het oor die Steen van struikeling.Yes 28:16 “Let op, Ek het ’n Steen van struikeling en ’n Steen van oortreding in Tziyon gelê en wie ook al in Hom vertrou, sal nie beskaam word nie.”1 Kef 2:6-8

33. Net soos geskryf is: