hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16

Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 1 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Sha’ul, ’n geroepe slaaf van Yeshua, Die Gesalfde Een, ’n afgevaardigde, afgesonder vir die goeie boodskap van God

2. wat Hy van die begin af deur sy profete beloof het in die afgesonderde Skrifte,

3. aangaande Sy Seun, wat na die vlees gebore is uit die saad van die huis van Dawid

4. en deur die Gees van Afsondering met krag openbaar is deur die opstanding uit die dood as die Seun van God: Yeshua, Die Gesalfde Een, ons Meester.

5. In Hom het ons onverdiende guns en die amp as afgevaardigde onder alle nasies ontvang sodat hulle die vertroue van Sy Outoriteit en Karakter kan gehoorsaam,

6. want ook julle is geroep, vanuit hulle, deur Yeshua, Die Gesalfde Een.

7. Aan almal wat in Rome is, vir wie God lief is, geroep en afgesonderd: onverdiende guns vir julle en vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid van God, ons Vader en van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een!

8. In die eerste plek dank ek my God in Yeshua, Die Gesalfde Een, vir julle almal, want daar word van julle vertroue gehoor oor die hele wêreld.

9. God, wat ek in my gees dien deur die goeie boodskap van Sy Seun, is my Getuie dat ek julle elke keer in my gebede onthou.

10. Ek soek guns dat daar nou vir my ’n manier, deur die wil van God, oopgemaak sal word, om na julle toe te kom,

11. want ek begeer sterk om julle te sien en vir julle ’n geskenk vanaf die Gees te gee sodat julle versterk mag word in Hom.

12. Saam sal ons deur júlle, sowel as mý vertroue, bemoedig kan word.

13. Ek wil dat julle weet, broers, dat ek dikwels begeer het om na julle toe te kom sodat daar ook onder julle vir my vrug kan wees, soos onder die ander nasies, maar tot nou toe verhinder is.

14. Ek is verskuldig om aan elke persoon te verkondig; teenoor Grieke sowel as barbare, teenoor wyse sowel as oningeligte mense.

15. Ek doen daarom moeite om ook aan julle wat in Rome is, die goeie boodskap te verkondig,

16. want ek skaam my nie oor die goeie boodskap nie, want dit is die krag van God tot lewe vir elkeen wat aanhou om daarin te vertrou, of dit eerstens vir die Jood is of vir die ander nasies.Hav 2:4; Mar 9:23; Heb 11:6 “Die regverdige sal vanuit vertroue lewe.”

17. Daarin word die onpartydige opregtheid van God openbaar deur vertroue tot vertroue volgens wat geskryf is:

18. Die woede van God word daarom van die hemel af openbaar oor al die boosheid en onregverdigheid van die kinders van die mens, hulle wat die waarheid deur boosheid verhoed

19. omdat ’n kennis van God aan hulle openbaar is, want God het dit aan hulle openbaar.Ps 19:2-5; Yog 6:45; Hand 17:27

20. Die geheime van God, asook Sy ewige krag en Goddelikheid, word van die skepping van die heelal af aan Sy skepsele in hulle intelligensie openbaar sodat hulle geen verskoning het niePs 14:3 of Hom gedank het nie,Deut 28:47; Ps 50:23; Luk 17:18 maar gebrekkig geword het in hul redenering en hulle verstand, wil en emosie dof geword het, sonder begrip.Efe 4:17-19

21. omdat hulle God geken het en Hom nie as God vereer, geloof en aanbid,

22. Toe hulle in hulleself gedink het hulle is wys, het hulle dwase gewordEks 20:4

23. en die Gemanifesteerde Teenwoordigheid van die onverderflike God verander om te lyk soos die beeld van ’n verderfbare mens en die beelde van voëls, viervoetige diere en reptiele.

24. As gevolg daarvan het God hulle oorgegee aan die vuil begeertes van hulle verstand, wil en emosie om hulle liggame onder mekaar te onteer

25. en hulle het die waarheid van God verruil vir die valsheid en hulle het dinge wat geskep is vereer en gedien, meer as hulle Skepper, aan Wie al die lofprysing en seën toekom tot in alle ewigheid. Dit is waar!Spr 5:11 want hulle vroue het die natuurlike begeertes verander en gewoond geraak aan dit wat nie natuurlik is nieLev 18:22,23; Lev 20:13; 1 Kor 6:9; 1 Tim 1:10

26. As gevolg hiervan het God hulle oorgegee aan siektes van skande,

27. en net so het ook die mans die natuurlike seksuele begeertes na die vrou opgegee en brand in hulle begeertes na mekaar. Manne het met manne skandelike dade gepleeg en in hulle persoon die toepaslike straf van hulle misleiding gekry

28. en omdat hulle in hulleself besluit het om God nie te ken nie, het God hulle oorgegee aan ’n waardelose denke sodat hulle doen wat nie reg is nie:

29. hulle is vol van allerhande onregverdigheid, seksuele immoraliteit, boosheid, bitterheid, begeertes na meer; vol jaloesie, moord, stryery, misleiding, bose redenering,

30. klagtes, skinder, haat teenoor God, beledigings, trots, grootpraat, uitvindings van boosheid, redeloosheid en ongehoorsaamheid aan hulle ouers

31. en omdat daar geen stabiliteit in hulle is nie, is daar geen liefde, vrede of omgee in hulle nie.Ps 49:14

32. Hulle wat - terwyl hulle die oordele van God ken dat dié wat sulke dinge doen, veroordeel is tot die dood - nie alleen self dié dinge doen nie, maar ook assosieer met hulle wat dit doen.