hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16

Ou Testament

Nuwe Testament

Romeine 14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Steek jou hand uit na hom wat swak is in vertroue en moenie verdeel word deur julle verskille nie,

2. want daar is hy, wat vertrou dat hy alles mag eet en hy wat swak is, eet groente.

3. Hy wat eet, moet hom wat nie eet nie, nie verag nie en hy wat nie eet nie, moet hom wat eet, nie oordeel nie, want God het hom aanvaar.

4. Wie is jy wat die dienskneg oordeel wat nie joune is nie? Hy staan of val met betrekking tot sy eie meester, maar sy eie meester het mag om hom staande te hou.

5. Daar is een wat onderskei tussen dae en daar is een wat alle dae beoordeel. Laat elkeen in sy eie denke seker wees.

6. Wie ook al watter dag hoog ag, ag dit hoog vir sy Meester en hy wat die dag nie hoog ag nie, ag dit nie hoog nie, vir sy Meester; wie eet, eet tot eer van sy Meester en dank God en wie nie eet nie, hy eet nie, tot eer van sy Meester en dank God,

7. want daar is niemand van ons wat vir homself leef nie en niemand gaan dood vir homself nie,

8. want as ons lewe, leef ons vir ons Meester en as ons doodgaan, gaan ons dood vir ons Meester; of ons dan lewe en of ons doodgaan, ons behoort aan ons Meester.1 Kor 8:6

9. Vir hierdie rede het Die Gesalfde Een ook gesterf, weer lewend geword en opgestaan sodat Hy יהוה sal wees vir die wat lewe en vir die wat dood is.

10. Jy, waarom oordeel jy jou broer? Of selfs jy, waarom verag jy jou broer? Want ons sal almal voor die regterstoel van Die Gesalfde Een staan.Yes 45:23; Fil 2:10

11. Soos daar geskryf is: “So waar as Ek leef, sê יהוה, voor My sal elke knie buig en elke tong sal aan My lofprysing gee.”

12. Daarvolgens sal elkeen van ons aangaande sy lewe aan God rekenskap gee.Lev 19:14

13. Laat ons mekaar van nou af nie meer oordeel nie, maar besluit liewer dít: om nie vir jou broer ’n struikelblok neer te sit nie.

14. Ek weet en is oortuig daarvan deur יהוה-Yeshua dat daar niks is wat in ditself onrein is nie, maar hy wat reken dat iets onrein is, vir hom alleen is dit onrein.

15. As jy jou broer deur kos grief, leef jy nie in liefde nie. Moenie deur jou kos, hom vir wie Die Gesalfde Een gesterf het, vernietig nie

16. en laat so nie kwaad gepraat word van wat vir ons goed is nie,

17. want die Koninkryk van God is nie eet en drink nie, maar onpartydige opregtheid, vrede, gesondheid, voorspoed, vergenoegdheid en vreugde in die Gees van Afsondering,

18. want wie ook al Die Gesalfde Een hierin dien, is pragtig voor God en goedgekeur voor die mense.

19. Laat ons nou vrede en mekaar se opbouing najaag

20. en nie ter wille van kos ’n dienskneg van God vernietig nie, want alles is wel rein, maar dit is boos vir ’n mens om dit te eet as dit tot struikeling is.

21. Dit is goed om geen vleis te eet, of wyn te drink, of om iets te doen waardeur jou broer omvergewerp word nie.

22. Jy wat vertroue in jou gees het, hou dit voor God. Gelukkig is hy wat homself nie oordeel in wat hy besluit het nie,

23. want wie ook al twyfel en eet, is veroordeel omdat dit nie uit vertroue is nie en alles wat nie uit vertroue is nie, is sonde.