hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Word my nabootsers, net soos ek ook Die Gesalfde Een naboots.

2. Ek prys julle, my broers, dat julle my in alles onthou en die opdragte uitvoer soos ek dit aan julle oorgegee het,

3. maar ek wil hê dat julle moet weet dat Die Gesalfde Een die hoof is van elke man en die man is die hoof van die vrou en God is die hoof van Die Gesalfde Een.

4. Elke man wat bid of profeteer met sy kop toegemaak, onteer sy kop

5. en elke vrou wat bid of profeteer met haar kop ontbloot, onteer haar kop, want sy is net soos een wie se kop geskeer is,

6. want as ’n vrou se kop nie toegemaak is nie, laat sy dan ook haar kop skeer, maar as dit vir ’n vrou lelik is om haar hare te sny of te skeer, laat sy haar kop heeltemal toemaak.

7. ’n Man is nie verplig om sy kop toe te maak nie omdat hy die beeld, eer en lof van God is, maar die vrou is die eer en lof van die man,Gen 2:21-23

8. want die man is nie vanuit die vrou nie, maar die vrou vanuit die manGen 2:18

9. en die man is ook nie ter wille van die vrou geskape nie, maar die vrou ter wille van die man.

10. Die vrou moet daarom ’n aanduiding van outoriteit oor haar kop hê ter wille van die engele.

11. Tog is die man nie afsonderlik van die vrou nie en die vrou ook nie afsonderlik van die man in ons Meester nie,

12. want net soos die vrou vanuit die man is, so is ook die man deur die vrou, maar alles is vanaf God.

13. Beoordeel onder julleself: is dit reg vir ’n vrou om met onbedekte kop tot God te bid?Yeg 44:20

14. Of leer die natuur self julle nie dat as ’n man sy hare laat groei, dit vir hom ’n oneer is nie

15. en wanneer ’n vrou haar hare laat groei, dit vir haar ’n eer en lof is omdat haar hare vir haar gegee is as ’n bedekking nie?

16. As iemand hieroor wil stry; nie ons of die gemeentes van God het so ’n gebruik nie,

17. maar in die gee van die volgende opdrag, kan ek julle nie loof nie omdat dit nie tot julle voordeel is dat julle bymekaargekom het nie, maar julle het tot gemeenheid afgedaal.

18. In die eerste plek hoor ek dat, as julle bymekaarkom in die gemeente, daar verdeeldheid onder julle is en sekere dinge glo ek,

19. want daar sál ook verskille onder julle wees sodat dié wat goedgekeur word onder julle bekend mag word.

20. Wanneer julle so bymekaarkom, dan is dit nie op die regte manier dat julle op die dag van ons Meester eet en drink nie,

21. want elkeen eet voor die ander, op sy eie en die een ly honger terwyl die ander dronk is.

22. Het julle dan nie huise om in te eet en te drink nie? Of verag julle die gemeente van God en maak julle dié skaam wat nie het nie? Wat sal ek vir julle sê? Sal ek julle loof? Hierin loof ek julle nie,

23. want ek het van ons Meester gekry wat ek ook aan julle oorgegee het, dat ons Meester, Yeshua, in die nag waarin Hy oorgegee is, brood gevat het

24. en Hy het dit geseën, dit gebreek en gesê: ‘Vat en eet; dit is My liggaam wat vir julle gebreek word; so moet julle doen om aan My te dink.’Yir 31:30-33; Mat 26:28 so moet julle dit doen, elke keer as julle drink om aan My te dink,’

25. Net so ook die beker ná die ete, met die woorde: ‘Hierdie beker is die nuwe verbond in My bloed;

26. want elke keer as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, onthou julle die dood van ons Meester totdat Hy kom.

27. Wie, daarom, van die brood van יהוה eet en van Sy beker drink en nie daaraan waardig is nie, is skuldig aan die liggaam en die bloed van יהוה:

28. Laat elkeen sy verstand, wil en emosie as gevolg hiervan ondersoek en dan van die brood eet en uit die beker drink,

29. want wie ook al eet en drink terwyl hy onwaardig is, eet en drink ’n oordeel oor homself, as hy die liggaam van יהוה nie erken nie.

30. As gevolg hiervan is daar baie onder julle wat siek en sieklik is en baie sterf,

31. want as ons onsself beoordeel het, sou ons nie geoordeel word nie,

32. maar as ons geoordeel word deur ons Meester, word ons ernstig gestraf sodat ons nie saam met die wêreld veroordeel mag word nie.

33. Van nou af, my broers, as julle bymekaarkom om te eet, wag vir mekaar

34. en as iemand honger het, laat hom by die huis eet sodat julle nie tot ’n oordeel bymekaarkom nie. Aangaande die ander sake sal ek opdragte gee wanneer ek kom.