hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. As ek al die tale van mense en engele praat en ek het nie liefde in my nie, dan sal ek kletterende koper of ’n rasende simbaal word.

2. As ek profesieë in my het, al die geheime ken, al die kennis het en as ek al die vertroue in my het sodat ek berge kon verwyder, maar ek het nie liefde in my nie, sal ek niks wees nie.

3. As ek alles wat ek het vir die armes gee en as ek my liggaam oorgee om verbrand te word en ek het nie liefde in my nie, dan is dit vir my geen voordeel nie.

4. Liefde is geduldig en sag. Liefde is nie jaloers nie. Liefde word nie omvergewerp nie, is nie opgeblase nie,

5. doen nie wat skandelik is nie, soek ook nie sy eie belange nie, word ook nie gou opgewerk nie, hou hom ook nie op met die bose nie,

6. verheug hom nie in die bose nie, maar verheug hom in die waarheid;

7. hou in alles uit, vertrou alles, het ’n versekerde verwagting in alles, verdra alles.

8. Liefde faal nooit nie; profesieë sal ophou, tale sal stilgemaak word en kennis sal niks wees nie,

9. want ons ken ’n bietjie van baie en ons profeteer ’n bietjie van baie,

10. maar as die volmaaktheid gekom het, dan sal wat gedeeltelik is, niks wees nie.

11. Toe ek ’n kind was, het ek gepraat soos ’n kind, is gelei soos ’n kind en het gedink soos ’n kind, maar toe ek ’n man geword het, het ek opgehou met hierdie dinge van ’n kind.

12. Nou sien ons soos in ’n spieël in vergelykende stories, maar dan van gesig tot gesig. Nou ken ek ’n bietjie van baie, maar dan sal ek ken, net soos ek geken is.1 Thes 1:3

13. Van hierdie dinge is daar drie wat voortgaan: vertroue, versekerde verwagting en liefde, maar die grootste hiervan is liefde.