hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Waag sekeres van julle wat ’n saak teen ’n ander het om ’n oordeel te gaan soek voor die wat boos is en nie voor die afgesonderdes nie?

2. Weet julle nie dat die afgesonderdes die wêreld sal oordeel nie? As die wêreld deur julle geoordeel gaan word, is julle dan onbevoeg om in hierdie kleinste van dinge te beoordeel?

3. Weet julle nie dat ons engele oordeel nie, hoeveel te meer die wat van dié lewe is?

4. As julle dan regsake het oor dinge van dié lewe, moet julle persone daaroor laat sit wat geen stand in die gemeente het nie?

5. Ek sê dit nou vir julle so: is daar dan nie een wyse onder julle, wat in staat is om uitspraak tussen sy broers te gee nie?

6. Broer verskil met broer en dit selfs voor die wat nie vertrou nie!

7. Deurdat julle regsake met mekaar het, het julle julself klaar geoordeel. Waarom nie eerder verkeerd behandel word nie? Waarom nie eerder ingedoen word nie?

8. Julle doen egter verkeerd en bedrieg ook julle broers.Lev 18:22,23; Lev 20:13; Rom 1:26; 1 Tim 1:10

9. Of weet julle nie dat bose mense nie die Koninkryk van God sal erf nie? Moenie mislei wees nie! Geen persoon wat vrye seksuele gemeenskap beoefen of beelde aanbid of buite sy huwelik seksuele gemeenskap het of seksuele molesteerders of homoseksuele

10. of valses of diewe of dronkaards of moeilikheidmakers of uitbuiters sal die Koninkryk van God erf nie.

11. Ván hierdie dinge was in elkeen van julle, maar julle is skoon deur die doop, julle is afgesonderd, julle is onskuldig verklaar in die Outoriteit en Karakter van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een en deur die Gees van ons God.

12. “Alles is vir my wettig?” Nie alles is tot voordeel nie. “Alles is vir my wettig?” Ek sal egter geen persoon oor my laat heers nie.

13. “Die kos is vir die maag en die maag is vir die kos,” maar God sal die een sowel as die ander vernietig en die liggaam is nie vir seksuele immoraliteit nie, maar vir ons Meester en ons Meester vir die liggaam.

14. God het ook ons Meester laat opstaan en laat ons opstaan deur Sy wonderwerkende krag.

15. Weet julle nie dat julle liggame lede van Die Gesalfde Een is nie? Sal ek daarvolgens die lede van Die Gesalfde Een vat en dit lede van ’n hoer maak? ’n Verwerplike gedagte!Gen 2:24

16. Of weet julle nie dat hy wat hom vaskleef aan ’n hoer, met haar een liggaam is nie, want dit sê dat hulle altwee een vlees sal wees,”

17. maar wie aan ons Meester vashou, is van een Gees met Hom.

18. Vlug vir seksuele immoraliteit. Enige sonde wat ’n mens doen, is buite die liggaam, maar wie seksuele immoraliteit beoefen sondig teen sy eie liggaam.

19. Of weet julle nie dat julle liggaam ’n tempel van die Gees van Afsondering is, wat in julle bly, wat julle van God gekry het, nie? Julle behoort nie aan julleself nie,

20. want julle is gekoop vir ’n prys. Bring daarom eer, lof en aanbidding aan God in julle liggaam en in julle gees wat aan God behoort.