hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 16 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Aangaande die dinge wat vir die afgesonderdes bymekaargemaak is, moet julle ook net so doen soos ek vir die gemeentes van Galatia beveel het.

2. Op elke eerste dag van die week moet elkeen van julle dit wat hy kan eenkant sit, in sy huis hou sodat wanneer ek kom, daar nie insamelings hoef te wees nie.

3. Wanneer ek aangekom het, sal ek die persone wat julle gekies het, met briewe stuur om dit wat julle gegee het na Yerushalayim te bring,

4. maar as dit toepaslik is dat ek ook gaan, kan hulle saam met my reis.

5. Ek sal egter na julle toe kom wanneer ek vanaf die stad gekom het, want ek gaan deur Makedonia

6. en miskien sal ek by julle oorbly of oorwinter sodat julle saam met my kan gaan waarheen ek ook al mag gaan.

7. Ek verkies om julle nie díe keer net in die verbygaan te sien nie, maar ek hoop om ’n tyd lank by julle te bly as my Meester dit toelaat,

8. maar ek sal in Efesos bly tot die Fees van weke (Shavu’ot),

9. want ’n groot deur het vir my oopgegaan, vol geleenthede en daar is baie wat my teëstaan.

10. As Timotheos na julle toe kom, kyk dat hy sonder vrees by julle is, want hy versorg die werke van יהוה, net soos ek.

11. Laat niemand hom dan minag nie, maar vergesel hom in vrede, gesondheid, voorspoed en vergenoegdheid sodat hy na my toe kan kom, want ek, saam met die broers, wag vir hom.

12. Met betrekking tot die broer Apollos: ek het hom baie keer gevra om saam met die broers na julle toe te gaan en hy het sonder twyfel nie die begeerte gehad om nou te gaan nie, maar hy sal gaan wanneer hy tyd het.

13. Wees waaksaam, staan in vertroue, wees dapper, wees sterk,

14. doen alles in liefde.

15. Broers, julle weet dat die huisgesin van Stefanas die eersteling vrug van Agaia is en dat hulle hulself tot diens van die afgesonderdes gemaak het; daarom vra ek julle

16. dat julle ook gehoorsaam moet wees aan sulke mense en aan elkeen wat saam met hulle werk en arbei.

17. Ek verbly my omdat Stefanas, Fortounatos en Agaikos hier aangekom het aangesien hulle opgemaak het vir my gemis aan julle,

18. want hulle het my gees verkwik soos ook julle s’n. Erken daarvolgens sulke manne.

19. Al die gemeentes van Asië groet julle. Akulas en Priskilla, saam met die gemeente wat in hulle huis is, stuur vir julle baie groete in ons Meester.

20. Al die broers groet julle. Groet mekaar met ’n afgesonderde soen.

21. Sha’ul se groete, met my eie hand:

22. Wie ook al nie ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, liefhet nie, laat hom vervloek wees! Ons Meester kom!

23. Die onverdiende guns van ons Meester, Yeshua, Die Gesalfde Een, is by julle!

24. My liefde is by julle almal in Die Gesalfde Een, Yeshua!