hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16

Ou Testament

Nuwe Testament

1 Korinthiërs 12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wat die geestelike dinge betref, my broers, wil ek dat julle weetPs 115:4-9

2. dat toe julle ongelowiges was, julle sonder onderskeiding gelei is deur afgode wat stom is.

3. Ek sê daarom vir julle dat niemand wat deur die Gees van God praat, Yeshua ’n vervloeking noem nie en niemand kan sê: “Yeshua is יהוה,” behalwe deur die Gees van Afsondering nie.

4. Daar is ’n verskeidenheid van gawes, maar die Gees is Een.

5. Daar is ’n verskeidenheid van bedieninge, maar יהוה is Een.

6. Daar is ’n verskeidenheid van wonderwerke, maar God wat alles in elke persoon werk, is een God,1 Kef 4:10 soos dit hom help.

7. maar aan elke persoon word die manifestasie van die Gees gegee

8. Daar word aan hom, deur die Gees, ’n boodskap van wysheid gegee, maar aan ’n ander ’n boodskap van kennis, in hom, deur die Gees;

9. aan ’n ander vertroue in hom deur die Gees, aan ’n ander die gawe van gesondmaking in hom deur die Gees,

10. maar aan ’n ander wonderwerke, aan ’n ander profesie, aan ’n ander onderskeiding van geeste, aan ’n ander verskillende tale en aan ’n ander die vertaling van tale.

11. Al hierdie dinge doen die een Gees en deel uit aan elkeen soos Hy wil,

12. want net soos die liggaam een is en baie ledemate het, maar al die dele van die liggaam, al is hulle baie, een liggaam is; so ook met Die Gesalfde Een,

13. want ons is ook almal deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Arameërs, slawe of vrymanne is en ons is almal van een Gees gegee om te drink,

14. want ook die liggaam is nie een ledemaat nie, maar baie.

15. As die voet sou sê: ‘Omdat ek nie die hand is nie, is ek nie deel van die liggaam nie’, is hy daarom nie deel van die liggaam nie?

16. As die oor sou sê:’ Omdat ek nie die oog is nie, is ek nie deel van die liggaam nie’, is hy daarom nie deel van die liggaam nie?

17. As die hele liggaam ’n oog was, waar sou die gehoor wees? As alles gehoor was, waar sou die reuk wees?

18. Nou het God egter elkeen van die ledemate in die liggaam gesit, net soos Hy wil.

19. As almal een ledemaat was, waar sou die liggaam wees?

20. Nou is daar egter baie ledemate, maar net een liggaam.

21. Die oog kan nie vir die hand sê: ‘Ek het jou nie nodig nie;’ of ook die kop vir die voete: ‘Ek het julle nie nodig nie,’

22. maar veel eerder is dié ledemate van die liggaam, wat as swak beskou word, noodsaaklik

23. en dié ledemate van die liggaam wat ons dink skandelik is, gee ons oorvloediger waarde en die minder mooi, oorvloediger elegansie

24. terwyl ons mooi gevormde ledemate dit nie nodig het nie, maar God het die liggaam saamgestel en aan die ledemaat wat klein is oorvloediger waarde gegee

25. sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die ledemate dieselfde vir mekaar mag omgee.

26. Nou, as een ledemaat ly, sal almal die pyn deel en as een ledemaat hom verheug, verheug al die ledemate hulle saam,

27. maar julle is die liggaam van Die Gesalfde Een en ledemate op julle plekke.

28. God het in Sy gemeente geplaas: eerstens afgevaardigdes, na hulle profete, na hulle leermeesters, na hulle werkers van wonderwerke, na hulle gawes van gesondmaking, helpers, leiers en verskillende tale.

29. Is almal van hulle afgevaardigdes? Is almal van hulle profete? Is almal van hulle leermeesters? Is almal van hulle werkers van wonderwerke?

30. Het almal van hulle die gawes van gesondmaking? Praat almal van hulle in tale? Vertaal almal van hulle?

31. As julle ywerig is na die groter gawes sal ek vir julle ’n beter manier wys: