hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12

Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 6 Die Boodskap (DB)

Die lewe kan skeefloop

1. In hierdie lewe het ek iets gesien wat tragies is:

2. God gee aan iemand rykdom, besittings en ’n baie goeie naam sodat hy aan niks ’n tekort het nie, maar Hy laat hom nie toe om dit te geniet nie. ’n Vreemdeling kom en geniet dit dan. So iets is bitter swaar om te verstaan. Dit maak die lewe sinloos.

3. Iemand mag baie kinders hê en lank leef, maar as hy nie die goeie van die lewe kan geniet nie en ook nie ’n behoorlike begrafnis kry nie, was alles tevergeefs. Iemand wat doodgebore is, is dan beter daaraan toe as hy.

4. Iemand wat doodgebore is, word nooit onthou nie en ontvang ook nooit ’n naam nie.

5. So iemand ken nie die lewe nie, maar het ten minste meer rus

6. as iemand wat nie die goeie van die lewe kan geniet nie. Albei word in elk geval weer stof. Al leef iemand ook 2 000 jaar, maar hy kan nie die lewe geniet nie, is alles sinloos.

7. Al waarvoor die mens werk, is om sy maag vol te kry, want hongerpyne verdwyn nooit nie.

8. Hoe is ’n wyse beter daaraan toe as ’n dwaas? En watter waarde het dit vir ’n arme om reg te leef?

9. Absoluut niks nie. Dit is ’n gejaag agter wind aan, want dit is beter om iets te besit as om voortdurend daarna te smag.

10. Alles is vooraf bepaal. Wat kan ’n mens daaraan doen? Wie kan tog teen iemand veg wat sterker as jy is?

11. Hoe meer jy probeer, hoe meer deurmekaar en sinloos word die lewe.

12. Wie weet wat vir die mens goed is in sy kort lewe wat soos ’n skaduwee verbytrek? Wie weet wat hier op aarde gaan gebeur?