hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12

Ou Testament

Nuwe Testament

Prediker 11 Die Boodskap (DB)

Niks is ooit seker nie

1. Waag soms ’n kans met ’n belegging. Wie weet, dit verras jou dalk nog eendag.

2. Versprei dit net oor ’n paar plekke, want ’n mens weet nooit watter teëspoed jou nog in hierdie land kan tref nie.

3. Alles is vooraf bepaal. As die wolke vol reën is, sal hulle dit op die aarde uitgiet. En as ’n boom afgekap word, sal dit op die bestemde plek val. Of dit nou noord of suid is, maak nie saak nie. Dit sal op die regte plek val.

4. Moenie heeltyd die wind dophou en na die wolke opkyk nie, want die reën sal op sy bepaalde tyd kom. Werk liewer voluit voort.

5. Soos jy nie weet hoe lewe in ’n vrou wat verwag se buik ontstaan nie, net so min verstaan ’n mens die werk van God.

6. Saai in die oggend, maar ook in die aand, want jy weet nooit watter van die twee gaan opkom nie.

Geniet die lewe voordat dit te laat is

7. Hoe mooi is lig nie, en hoe lekker die strale van die son!

8. As iemand lank leef en oud word, moet hy die lewe geniet. Hy moet egter ook aan die dood dink en onthou dat die tyd na die dood lank gaan duur. Alles is sinloos. Daar is niks om na uit te sien nie.

9. Jongmens, geniet daarom jou lewe en wees altyd gelukkig. Gaan oral waar jou hart en jou oë jou lei. Leef altyd voluit. Doen waarvan jy hou. Maar onthou, God sal jou nog oordeel. Jy sal aan Hom rekenskap moet gee van alles wat jy doen.

10. Jongmens, verban alle verdriet en pyn uit jou hart, want ’n mens is nie vir altyd jonk nie. Jonkwees kom ook tot niks.