Ou Testament

Nuwe Testament

Klaagliedere 1:3-8 Bybel vir Almal (ABA)

3. Die mense van Juda het gevangenes gewordwat swaarkry en hard moet werk.Hulle woon tussen die volkeen hulle kry nie ’n plek waar hulle kan rus nie.Al die vyande wat vir hulle gejaag het,het vir hulle gevang, hulle kon nie vlug nie.

4. Daar is niemand op die paaie na Sion nie,niemand kom om daar fees te vier nie,daar is nie mense in die poorte nie.Die priesters kla en sug,die jongmeisies huil en treur,dit gaan sleg met almal in die stad.

5. Die vyande van Jerusalem regeer nou,en dit gaan goed met hulle.Dit gebeur omdat die Heredie mense van die stad strafoor hulle baie sondes.Hulle moes weggaan,hulle het gevangenes geword,hulle vyande het hulle gejaag.

6. Al die belangrike mense van die stadmoes weggaan.Die amptenare het geword soos takbokkewat nie gras kry om te vreet nie.Hulle het nie krag gehad om te vegteen die mense wat hulle jaag nie.

7. Jerusalem is soos ’n weduweewat dink hoe slegdit met haar gaan.Sy dink daaraan dat sy nie meer’n woonplek het nie,en sy onthou al die mooi goedwat sy gehad het.En dan dink sy hoe die vyandehaar mense oorwin het,en dat daar niemand waswat gehelp het nie.Ander vyande het gestaan en kyk,hulle het gelag toe die stad verwoes is.

8. Die mense van Jerusalem het sonde gedoen,baie sonde.Dit is hoekom die stad geword hetsoos ’n vuil, kaal vrou.Mense het haar voorheen gerespekteer,maar hulle spot en verneder haar nou,want hulle sien sy is kaal.En wat doen sy?Sy sug en draai weg.

Lees volledige hoofstuk Klaagliedere 1