hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3
  4. 4
  5. 5
  6. 6
  7. 7
  8. 8
  9. 9
  10. 10
  11. 11
  12. 12
  13. 13
  14. 14
  15. 15
  16. 16
  17. 17
  18. 18
  19. 19
  20. 20
  21. 21
  22. 22
  23. 23
  24. 24

Ou Testament

Nuwe Testament

Josua 19 Bybel vir Almal (ABA)

Die grond van die Simeon-stam

1. Toe Josua weer lootjies trek, het die families in die Simeon-stam hulle grond gekry. Hulle grond was binne-in die grond van die Juda-stam.

2. Die stede wat hulle gekry het, was: Berseba, Seba, Molada,

3. Gasar-Sual, Baäla, Esem,

4. Eltolad, Betul, Gorma,

5. Siklag, Bet-Markabot, Gasar-Susim,

6. Bet-Lebaot en Sarugen. Hulle het hierdie 13 stede en die dorpies daar naby gekry.

7. Hulle het ook die vier stede Ajin, Rimmon, Eter en Asan gekry en die dorpies daar naby,

8. en ook nog al die dorpies naby die stede tot by die stede Baälat-Beër en Rama in die Suid-land. Dit was die stede van die families in die Simeon-stam.

9. Die stam het ’n deel van Juda se grond gekry, want die grond wat Juda gekry het, was te veel vir hulle. Die Simeon-stam het grond gekry binne-in die Juda-stam se grond.

Die grond van die Sebulon-stam

10. Toe Josua die derde lootjie trek, het die Sebulon-stam hulle grond gekry. Die grens van hulle grond was tot by die stad Sarid.

11. Na die westekant gaan die grens dan na die stad Marala, en dan tot by die stad Dabbeset en die vallei naby die stad Jokneam.

12. Na die ooste gaan die grens van Sarid tot teen die grens van die stad Kislot-Tabor, en dan na die stad Daberat en op na die stad Jafia.

13. Van daar gaan die grens oos na die stede Gat-Gefer en Et-Kasin, dan na die stad Rimmon, en dan draai die grens na die stad Nea.

14. In die noorde draai die grens na die stad Gannaton, en dan gaan dit tot by die stad Jiftag-El.

15. Ander stede wat hulle gekry het, is Kattat, Nahalal, Simron, Jidala en Betlehem. Dit was almal saam twaalf stede en die dorpies daar naby.

16. Hierdie stede en die dorpies daar naby is die grond van die families in die Sebulon-stam.

Die grond van die Issaskar-stam

17. Josua het die vierde lootjie getrek, die families in die Issaskar-stam het toe hulle grond gekry.

18. Die stede wat aan hulle behoort, is: Jisreël, Kesulot, Sunem,

19. Gafarajim, Sion, Anagarat,

20. Rabbit, Kisjon, Ebes,

21. Remet, En-Gannim, En-Gadda en Bet-Passes.

22. Hulle grens gaan langs die stede Tabor, Sagasajim en Bet-Semes verby en dan tot teen die Jordaan-rivier. Hulle het 16 stede en die dorpies daar naby gekry.

23. Hierdie stede en die dorpies daar naby behoort aan die families in die Issaskar-stam.

Die grond van die Aser-stam

24. Josua het die vyfde lootjie getrek, die families in die Aser-stam het toe hulle grond gekry.

25. Die stede wat aan hulle behoort, is: Gelkat, Gali, Beten, Aksaf,

26. Alammelek, Amad en Misal. By die westekant gaan die grens langs Karmel-berg en die stad Sigor-Libnat verby.

27. Dan draai die grens oos na die stad Bet-Dagon, en dit gaan langs die grond van die Sebulon-stam en by die stad Ge-Jiftag-El verby na die noorde, na die stede Bet-Emek en Neïel, en dan na die stad Kabul in die noorde

28. en na die stede Abdon, Regob, Gammon en Kana, en dan tot by die stad Groot-Sidon.

29. Dan gaan die grens na die stad Rama en tot by die stad Tirus wat sterk mure het, dan na die stad Gosa, en dan gaan dit tot teen die see naby die stad Aksib en

30. die stede Uma, Afek en Regob. Hulle het 22 stede en die dorpies daar naby gekry.

31. Hierdie stede en die dorpies daar naby behoort aan die families in die Aser-stam.

Die grond van die Naftali-stam

32. Josua het die sesde lootjie getrek, en die families in die Naftali-stam het toe hulle grond gekry.

33. Die grens van hulle grond begin by die stad Gelef, by die groot boom by die stad Saänannim, en dit gaan verby die stede Adami-Nekeb en Jabneël tot by die stad Lakkum, en dan tot teen die Jordaan-rivier.

34. Dan draai die grens wes na die stad Asnot-Tabor en dit gaan van daar na die stad Gukok, en verder tot teen die Jordaan-rivier oos van die land Juda. Die grond van die Sebulon-stam is suid van die grond van die Naftali-stam, en die grond van die Aser-stam is wes van die grond van die Naftali-stam.

35. Daar was ook stede wat sterk mure het, hulle was: Siddim, Ser, Gammat, Rakkat, Gennesaret,

36. Adama, Rama, Hasor,

37. Kedes, Edreï, En-Gasor,

38. Jiron, Migdal-El, Gorem, Bet-Anat en Bet-Semes. Hulle het 19 stede en die dorpies daar naby gekry.

39. Hierdie stede en die dorpies daar naby behoort aan die families in die Naftali-stam.

Die grond van die Dan-stam

40. Josua het die sewende lootjie getrek, en die Dan-stam het hulle grond gekry.

41. Die stede wat aan hulle behoort het, was Sora, Estaol, Ir-Semes,

42. Saälbim, Ajalon, Jitla,

43. Elon, Timna, Ekron,

44. Elteke, Gibbeton, Baälat,

45. Jehud, Bene-Berak, Gat-Rimmon,

46. Me-Jarkon, Rakkon, en ook die grond naby die stad Joppe.

47. Die Dan-stam het hulle grond verloor en hulle het toe die stad Lesem aangeval en oorwin. Hulle het die mense van die stad doodgemaak. Hulle het die stad vir hulleself gevat en hulle het daar gaan woon. Hulle het Lesem se naam verander, hulle het die stad “Dan” genoem, dit was soos hulle voorvader Dan se naam.

48. Hierdie stede en die dorpies daar naby het behoort aan die families in die Dan-stam.

Josua kry ’n stuk grond

49. Nadat die Israeliete klaar vir elke stam sy deel van die land gegee het, het hulle vir Josua ook ’n stuk grond tussen hulle gegee.

50. Die Here het gesê hulle moet vir Josua die stad gee wat hy vra. Dit was Timnat-Serag in die Efraim-berge. Josua het die stad reggemaak en hy het daar gaan woon.

51. Dit was al die grond wat die priester Eleasar en Josua seun van Nun en die familiehoofde vir die Israeliete gegee het. Hulle het lootjies getrek voor die Here in die stad Silo, by die ingang van die tent waar die Here aan die Israeliete verskyn.