hoofstukke

  1. 1

Ou Testament

Nuwe Testament

Obadja 1 Bybel vir Almal (ABA)

1. Die Here het vir Obadja gewyswat sal gebeur.Die Here het gepraat oor die mensevan die land Edom,en dit is wat ons gehoor het.Dit was toe die volke vir mekaarboodskappe gestuur heten gesê het: “Julle moet gereedmaak,ons moet oorlog gaan maakteen die Edomiete!”

Ek sal julle ’n klein volkie maak

2. Die Here het vir die Edomiete gesê:“Ek sal julle ’n klein volkie maak,almal sal dink julle beteken niks.

3. Julle het gedink julle is veilig,maar julle het ’n fout gemaak.Julle woon hoog in die bergetussen die rotseen julle dink niemandkan julle afbring ondertoe nie.

4. Maar Ek sal julle afbring,ook wanneer julle soos ’n aasvoëlteen die hoogste berge gaan woon,of wanneer julle vir julle ’n stadtussen die sterre bou.

5. Wanneer diewe in die nagjulle goed kom steel,dan steel hulle totdat hulle genoeg heten dan hou hulle op.Wanneer ander mensejulle druiwe kom pluk,dan laat hulle party druiwetrosse oorbly.Maar die vyande sal niks van jullelaat oorbly nie.

6. Nageslag van Esau,die vyande sal alles soekwat julle weggesteek het,en hulle sal dit kry.

7. Hulle sal jullewegjaag uit julle land.Julle eie vriende het ’n ooreenkomsgemaak met julle,maar hulle sal vir jullewag langs die paden hulle sal julle aanval.Julle het vir hulle kos gegee,maar hulle sal julle aanvalop ’n plekwaar julle dit nie verwag nie.”

8. Die Here het ook gesê:“Die mense in die land Edom,in die Esau-berge,dink hulle is baie slim,maar daardie dag sal Ekhulle doodmaak.

9. Mense van die stad Teman,julle soldate sal te bang weesom te veg.Die vyande sal almalop die Esau-berge doodmaak.Julle het mense vermoor,

10. julle was wreedmet die nageslag van Jakob,julle voorvader se broer.Daarom sal dit met julleook sleg gaan.Julle vyande sal julle doodmaak.”

Julle Edomiete sal voel hoe dit is wat julle gedoen het

11. “Mense uit ’n ander landhet oorlog kom maak teen Jerusalem.Hulle het al die stadse soldate weggevaten hulle het lootjies getrek oor die menseen die goed in die stad.Hulle wou kykwat elkeen moet kry.Toe het julle gestaan en kyk.Julle was saam met die vyande.

12. Die mense van Jerusalemwas familie van julle.Julle het verkeerd gedoentoe julle gestaan en kyk hethoe sleg dit met hulle gaan.Julle was bly toe die vyandedie mense van Judadoodgemaak het.Julle het gestaan en lagtoe hulle so swaar gekry het.

13. Julle het in my volkse stad ingegaantoe die vyande hulle oorwin het.Julle het gestaan en kyktoe die vyande hulle oorwin heten julle het hulle goed vir julleself gevat.

14. Julle het langs die padgestaan en wagom die mense van Judadood te maaktoe hulle gevlug het.Julle het die mensewat nog gelewe het,vir die vyande gegee,daardie dag toe dit so slegmet hulle gegaan het.Julle het verkeerd gedoen,julle moes nie dit allesgedoen het nie.

15. Die dag wanneer die Hereal die ander volke sal straf,is nou naby.Dan sal ander mense met julle doenwat julle met die mensevan Juda gedoen het.Julle Edomiete sal voelhoe dit is wat julle gedoen het.”

Die nageslag van Jakob sal hulle eie land terugvat

16. “Die mense van Judamoes die beker van swaarkry drinkop my gewyde berg.So sal die ander volkedit ook moet aanhou drink.Hulle sal drink en drinken hulle sal verdwyn.

17. Maar op Sionsbergsal dit weer goed gaan.Dit sal weer ’n gewyde plek wees.Die nageslag van Jakobsal hulle eie land terugvat,die land wat aan hulle behoort het.

18. Die nageslag van Jakobsal wees soos ’n vuur,die nageslag van Josefsal wees soos vuurvlamme,en julle, die nageslag van Esau,sal wees soos kaf wat brand.Daar sal niks oorbly nie.

19. Die mense van Judasal die Suid-land,die Esau-berge,vir hulleself vat,en die Laeveldwaar die Filistyne woon,en ook die landwaar die Efraimiete gewoon heten waar die stad Samaria was.Die mense van die land Benjaminsal die land Gilead vir hulleself vat.

20. Die vyande het partyvan die Israeliete gevangen na ander lande gevat.Israeliete sal nou die land vatwaar die Kanaäniete woon,tot by die stad Sarfat.Die vyande het party mensevan Jerusalem gevangen na die stad Sefarad gevat.Daardie mense sal nou die stedein die Suid-land vir hulleself vat.

21. Die mense wat vir Sionsbergvrygemaak het,sal gaan om oor die Esau-bergete regeer,en die Here self sal die Koning wees.”